10 dae van geskenke: Hier is die wenners van die mini-UPS’e

Maroela Media, jou lekkerste bron van nuus, jou tuiskomsplek, jou heenkome, vier vanjaar ons 10de verjaarsdag! Om dié spesiale verjaarsdag te vier, het verskeie ondernemings en organisasies hand bygesit om ons lesers te bederf.

Baie geluk aan Landi Stoltz van Springs, Lettie van der Merwe van Moreletapark in Pretoria, Cherize Goosen van Caledon, Marius van der Berg van Oranjesig in Bloemfontein, Cindee Vermaak van Brits, Ben Engelbrecht van George, Marius Jooste van Pierre van Ryneveld Park in Centurion, Michelle Redelinghuys van Manaba Beach, Hilda du Plessis van Moreletapark in Pretoria en Retha Roux van Ceres wat elkeen ʼn ononderbroke kragtoevoer-toestel (UPS) ter waarde van R1 800 elk van RSAWEB wen!

ʼn Mini ononderbroke kragtoevoer-toestel (UPS) verskaf batterykrag wanneer daar ʼn kragonderbreking is. Deur jou roeteerder (“router”) en ONT aan die mini-UPS te koppel, sal jy dus steeds internettoegang hê selfs wanneer daar beurtkrag is. Die waarde van elke mini-UPS beloop tans R1 800.

RSAWEB se mini-UPS bied batterykrag aan jou veselroeteerder (“fibre router”) en netwerk-ONT vir sowat vier tot vyf ure. Die batterykrag kan van toestel tot toestel verskil en dit duur vier tot ses ure om die battery te herlaai. Die mini-UPS werk met 12v DC-toestelle en jou roeteerder se AC-aansluiter en ONT moet behoorlik gekoppel wees.

Meer oor RSAWEB

RSAWEB verskaf internettoegang vir jou huis en onderneming. Wanneer jy by die huis of werk internettoegang wil hê, maak RSAWEB dit maklik om die regte internetdiensverskaffer (ISP) te kies. Dié ISP is al meer as 20 jaar bedrywig en word baie hoog in die land geag.

ISP met die beste gradering op Google

RSAWEB het ʼn uitstekende 4.6/5 Google-stergradering – die hoogste in die bedryf. Om só hoë gradering te kry, het RSAWEB dit reggekry om ʼn 92%-positiwiteitsgradering onder hul kliënte te verdien. Dit is ʼn uitstekende getuienis vir die feit dat hulle nooit hul diens tweede stel nie. Mens kan die terugvoer op hul Google MyBusiness-bladsy lees waar jy kommentaar sal sien soos:

  • Dit is ʼn wonderlike ervaring om met RSAWEB handel te dryf. Ek is baie bly ek het my ISP na RSAWEB verander. Wonderlike mense. – Gus B.
  • Dit is ʼn groot verskil van my vorige diensverskaffer. Absoluut briljante een-tot-een diens van dag een af. – Toni D.
  • Ons is uiters tevrede met die uitstekende diens wat ons van die personeel ontvang het. Welgedaan. – Liasan D.

As jy ook die beste kliëntediens wil geniet en voordeel wil trek uit een van RSAWEB se wonderlike nuwe vesel-winskopies, besoek www.rsaweb.co.za of kontak hulle by 087 470 0000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.