10 dae van geskenke: Wenner aangewys van een jaar gratis internettoegang

Maroela Media, jou lekkerste bron van nuus, jou tuiskomsplek, jou heenkome, vier vanjaar ons 10de verjaarsdag! Om dié spesiale verjaarsdag te vier, het verskeie ondernemings en organisasies hand bygesit om ons lesers te bederf.

Baie geluk aan Janneke Snijder van Pretoria wat die wenner is van een jaar se gratis internettoegang op beskikbare vesel- en LTE-netwerke ter waarde van R12 000 met die komplimente van RSAWEB.

Kosie ontvang internettoegang vir 12 maande ter waarde van R12 000. Dit is een verbindingsdiens (vesel of vaste LTE) by ʼn residensiële woonadres (internetverbinding vir ʼn onderneming is nie by die prys ingesluit nie).

RSAWEB verskaf internettoegang vir jou huis en onderneming

Wanneer jy by die huis of werk internettoegang wil hê, maak RSAWEB dit maklik om die regte internetdiensverskaffer (ISP) te kies. Dié ISP is al meer as 20 jaar bedrywig en word baie hoog in die land geag.

ISP met die beste gradering op Google

RSAWEB het ʼn uitstekende 4.6/5 Google-stergradering – die hoogste in die bedryf. Om só hoë gradering te kry, het RSAWEB dit reggekry om ʼn 92%-positiwiteitsgradering onder hul kliënte te verdien. Dit is ʼn uitstekende getuienis vir die feit dat hulle nooit hul diens tweede stel nie. Mens kan die terugvoer op hul Google MyBusiness-bladsy lees waar jy kommentaar sal sien soos:

  • Dit is ʼn wonderlike ervaring om met RSAWEB handel te dryf. Ek is baie bly ek het my ISP na RSAWEB verander. Wonderlike mense. – Gus B.
  • Dit is ʼn groot verskil van my vorige diensverskaffer. Absoluut briljante een-tot-een diens van dag een af. – Toni D.
  • Ons is uiters tevrede met die uitstekende diens wat ons van die personeel ontvang het. Welgedaan. – Liasan D.

As jy ook die beste kliëntediens wil geniet en voordeel wil trek uit een van RSAWEB se wonderlike nuwe vesel-winskopies, besoek www.rsaweb.co.za of kontak hulle by 087 470 0000.

Klik hier om te sien vir watter kompetisies jy nog kan inskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.