BoekeJol-kompetisie: Kom help bou aan Afrikaans

Boekejol-logo.jpg[promosie-artikel]

Pretoria skud weer sy vere reg vir die tweede BoekeJol-en Filmrolfees wat in Augustus plaasvind. Kultuurvrate is omtrent in vir ʼn fees! Die geleentheid vind plaas 17 tot 21 Augustus te Lynnwood Bridge, Pretoria.

Kom skep ʼn nuwe kompliment!

Daar word vanjaar ʼn kompetisie van stapel gestuur vir studente en leerders. Kom skep ʼn nuwe Afrikaanse kompliment! Die nuwe kompliment moet uit 5 tot 12 woorde bestaan.  Daar is kontantpryse op die spel.  Jy staan ʼn kans om ʼn kontantprys te wen ter waarde van onderskeidelik R2000 en R3000.

Die kompliment moet op ʼn grafiese ontwerp geplaas word (lyk soos ʼn plakkaat). Dus, die goeie nuus, twee mense kan saam inskryf, byvoorbeeld die taalfundi en ʼn grafiese ontwerper/fotograaf.

So neem jy deel:

Stap 1: Voltooi die onderstaande vorm.

Stap 2: Sodra jy jou ontwerp voltooi het, benoem die ontwerp soos volg: jou eie naam en van.

Stap 3: Laai jou ontwerp op WeTransfer en tik die volgende e-posadres in: [email protected]. Lees meer oor hoe WeTransfer werk. WeTransfer sal dan jou ontwerp vir Maroela Media aanstuur.

Vir die volledige program en meer inligting oor wat alles by Lynnwood Bridge gebeur tydens die fees, besoek die BoekeJol en Filmrolfees se Facebook-blad en die webwerf vir die volledige program.

Voltooi die volgende:

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.