Dié lesers wen elkeen ʼn CUM Boeke-geskenkbewys van R1 000

(Foto verskaf deur CUM Boeke)

Soos so baie dinge in die Ou Testament gedui het op gebeure wat nog sou kom, bied die Joodse Paasfees en die verhaal van die Israeliete se bevryding van verdrukking die agtergrond vir die Paasverhaal.

Dit is nie toevallig dat die hoogtepunt van Jesus se verlossingswerk oor die Paastyd plaasgevind het nie. Vandag kan ons duidelik die simboliek daarvan raaksien: God se doel was om ons te verlos en nader aan Hom te bring, en ons te bevry – in hierdie lewe én die volgende.

Net soos Jesus se offer tydens Paasfees baie meer beteken het as die lammetjies wat voor die uittog geoffer is, is die vryheid wat Hy deur die gebeure van Paasfees bied ook soveel groter.

CUM Boeke, wat in 1939 gestig is en al vir meer as 80 jaar deel van Suid-Afrikaners se geestelike reis is, wou vanjaar met Paasfees vyf Maroela-lesers bederf met ’n aanlyn geskenkbewys ter waarde van R1 000 om by www.cumbooks.co.za te gebruik.

Baie geluk aan Brenda Rheeder van Sasolburg, Sharon Fortuin van Stellenbosch, Alicia Jordaan van Tzaneen, Cobi Bezuidenhout van Potchefstroom en Hennie Randall van Worcester wat elkeen ʼn geskenkbewys van R1 000 van CUM Boeke ontvang.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.