Dié lesers wen ʼn spesiale piekniekmandjie

‘n Voorskou van dit wat jy in jou mandjie kan verwag (die bederfbare happies moet jy egter self verskaf)

Vir Ina Lessing is daar niks belangriker as haar gesin en familie nie. Die kinders sal nou vir jou vertel dat die kleinkinders deesdae wegkom met moord by ouma, maar hulle aanbid ook die grond waarop hierdie ouma Ina loop! Sy kan hulle met gemak oortuig van iets wat die ma al weke lank mee sukkel. Dit is die “geheime kragte van ʼn ouma”.

Gesinstyd en familietyd is kosbaar. Dit word aan ons geleen – jy verdien niks, maar ontvang dit uit genade. Dit is iets wat God goed en mooi gemaak het.

Daar is net 365 dae in die jaar: elkeen wat jy misloop, gaan jy nooit weer terugkry nie.

Kwaliteitgesinstyd is besonders en baie spesiaal. Koester dit en pak jou lewe en dié van jou kinders vol met hierdie onthou-tye. Wanneer hulle eendag verder sonder jou moet stap, sal hulle tassie vol wees van onthou en dit sal hulle kan dra.

Ina Lessing wou vanjaar met Gesinsdag drie gelukkige Maroela-lesers bederf met ʼn baie spesiale piekniekmandjie (met ʼn plastieksakkie waarin jy jou foon kan wegbêre).

Baie geluk aan Elizabeth van der Merwe van Faerie Glen, Ronelle Visser van die Paarl en Linda Kleinhans van Pretoria wat elkeen een van dié wonderlike piekniekmandjies wen.

Geniet die tyd saam met jou gesin. Ina Lessing-produkte bring die gesin weer naby aan mekaar. Hegte bande word rondom ʼn maaltyd gebou.

In hierdie mandjie pak Ina Lessing vir ons drie lesers die volgende:

  • ʼn Piekniekkombers
  • ʼn Inkopielysie vir vier produkte (wat jy self voor jou piekniek gou by die winkel kan gaan aanskaf)
  • ʼn Vatlap vir taai vingers (maak dit net vooraf nat en neem saam in die sakkie)
  • Messe, lepels, bordjies en bekers
  • Koffie en ʼn klein plonspot (neem ʼn fles kookwater saam)
  • Een boksie melk
  • Ina Lessing-appelkooskonfyt – geniet dit op die broodjies of saam met kaas op die soutkoekies
  • Ina Lessing Piquante-rissie – saam met koue vleis of kaas
  • Ina Lessing Lemoen- en rissiestroop – op die soutbeskuitjies saam met kaas
  • Ina lessing Piekelkomkommer – netso uit die bottel of op ʼn soutkoekie
  • Ina Lessing Soetmosterd – saam met die koue vleis op ʼn soutkoekie
  • Soutkoekies
  • ʼn pakkie Ina Lessing-koekies vir na die tyd saam met die koffie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.