Foto naby Riviersonderend in die Wes-Kaap (Foto: Maroela Media)
Inskrywings stroom in vir Maroela Media se pleknaamfoto-kompetisie waar een persoon danksy die ATKV ʼn midweek (Sondag tot Donderdag) by een van die ATKV se sewe selfsorg-vakansieoorde kan wen (jy kan kies watter een jy graag wil bywoon)! Drie gelukkige wenners wen ook elk ʼn Boereplaas-bordspeletjie.
Maroela Media is op soek na jou foto van ʼn oorspronklike en unieke Afrikaanse plek- of plaasnaam – iets wat eie is aan Suid-Afrika, en eie is aan Afrikaans. Lees hier meer oor die pryse en die kompetisie
Só maak jy:
Stuur jou foto van ʼn plek- of plaasnaam aan ons by [email protected] met “Plaasnaam” in die onderwerpveld. Sluit die volgende in: jou naam en van, die fotograaf se naam en van, en waar die foto geneem is.
Dié kompetisie duur tot 17 Oktober 2016: jy het dus ʼn paar maande om die land plat te reis en die mooiste foto’s te neem! Ons kan nie wag om dit te sien nie.
Bepalings en voorwaardes:
Jy kan soveel foto’s instuur soos wat jy wil
Plek- en plaasname kan enige plek ter wêreld geneem word, maar oulike Afrikaanse name sal voorkeur geniet
Die pleknaam moet ‘n amptelike naam op ‘n pleknaam/plaasnaambord wees, dit kan nie bloot ‘n handgeskrewe naam wees nie
Die foto moet oorspronklik deur jouself geneem wees, of deur iemand wat jy ken, en wie toestemming gegee het dat die foto in dié kompetisie gebruik mag word
Deur in te skryf, gee jy toestemming dat ons jou foto en jou naam op sosiale media en ons webwerf mag publiseer
Die beoordelaars se beslissing is finaal
Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie
Wenners sal per e-pos en op die webwerf in kennis gestel word en die bordspeletjie sal binne 30 dae aan jou gepos word
Tertia Hatting verduidelik “Moedverloor” lê net voor “Bitterfontein”
Daniel F Gouws het dié plaasnaam tussen Swellendam en Ashton in die Wes-Kaap afgeneem
Louise Hollenbach het dié foto van Gert Coetzee ingestuur. Die foto is tussen Kakamas en Pofadder in die Noord-Kaap geneem.
Thania van den Berg het dié foto 150 km suidwes van Nelspruit op die N3 geneem
Isabel Meyer verduidelik sy en haar man het dié foto tydens hul wittebrood op pad na die Addo Olifantpark geneem
Isabel Meyer se inskrywing. Dié foto is op pad na Kaapstad geneem.
Elize Perrin se foto wat sy op ‘n plaas buite Victoria-Wes geneem het
Duncan Esterhuizen het dié foto van Anneke Esterhuizen ingestuur. Hulle het dit op pad na Askham geneem.
Babsie Jacobs het dié foto tussen Colesberg en Norvalspont geneem
Tertius Strauss het hierdie foto tydens ‘n brand net ná Nuwejaar 2016 geneem naby Seweweekspoort
Sané Oberholzer het dié foto tussen Vredenburg en Velddrif geneem
Sané Oberholzer sê die Spektakelpas is tussen Springbok en Kleinsee geleë
Sané Oberholzer het dié foto tussen Port Nolloth en Alexanderbaai in die Noord-Kaap geneem
Foto: Sané Oberholzer
Hannelie Kotze se foto in Meiringspoort
Hannelie Kotze se foto in Meiringspoort
Elzette van Tonder het dié foto tydens ‘n vakansie na die Augrabiese watervalle geneem
Herman Fourie het dié foto geneem op pad na die plaas Breekbeenkolk in die Brandvlei-distrik
Elzette van Tonder het dié foto tydens ‘n vakansie na die Augrabiese watervalle geneem
Lindy Botha het die foto tussen Heidelberg en Vereeniging geneem
Elzette van Tonder het dié foto in die Montagupas geneem
Elzette van Tonder het dié foto in die Montagupas geneem
Isabel Meyer verduidelik dié gastehuis is op pad na Krugersdorp
Isabel Meyer verduidelik dié gastehuis is op pad na Krugersdorp
Isabel Meyer sê haar oorlede pa, wat die bord opgesit het, het altyd geglo daar moet genot wees in die arbeid wat jy doen. “Tuinwerk was sy arbeid en dit het vir hom genot verskaf. Arbeid is nie altyd lekker nie, maar maak dit lekker,” skryf sy.
Elzette van Tonder het dié foto tydens ‘n vakansie na die Augrabiese watervalle geneem
Elzette van Tonder het dié foto tydens ‘n vakansie na die Augrabiese watervalle geneem
Elzette van Tonder het dié foto naby Riemvasmaak geneem tydens ‘n vakansie na die Augrabiese watervalle
Elize Perrin het dié foto in Victoria-Wes geneem
Elize Perrin het dié foto in Victoria-Wes geneem
Paula Spies het dié foto ingestuur wat sy buite Hogsback in die Oos-Kaap geneem het
Paula Spies het dié foto ingestuur wat sy buite Hogsback in die Oos-Kaap geneem het
Edna Boonzaaier het dié foto ingestuur van Malkopbaai in Lambertsbaai
Carol Nel sê sy het dié foto in die Montagu-pas buite George geneem
Raulene Marx se dogter en haar nefie op die pad na Durban tussen Lydenburg en Ermelo
Raulene Marx se dogter op die pad na Durban tussen Lydenburg en Ermelo
Cathy het Gavin Techman se foto ingestuur. Dit is op pad na Port Elizabeth geneem.
Juanita Powroznik het dié foto tussen Volksrust en Amersfoort geneem.
Marlene Kotze se foto van Plankiesbaai by die Postberg-blommereservaat in die Weskus Nasionale Park wat net in die blommeseisoen oop is
Marié Jordaan het die foto tussen Waterval Boven en Lydenburg in Mpumalanga geneem
Eric Harmse se vrou, Fredalaine, het dié foto van hom ingestuur. Willem Schoeman het die foto by Pampoenkraal in Hopefield geneem.
Grand Canyon is geleë tussen Ladysmith en Laingsburg (Foto ingestuur deur Christopher Meyer)
“Total Nobody” naby Moria in Limpopo (Foto ingestuur deur Leanna Ferreira)
“Tot verdere kennisgewing” (Foto ingestuur deur Sollie Vermaak)
“Boereplaas” geleë in die distrik Petrusburg in die Vrystaat (Foto: PT Naude)
Ben Geldenhuys het dié bord afgeneem in die Dinokeng–natuurreservaat. Hy meen die naam is bietjie skurf, maar tog ook deel van ons humoristiese kultuur.
Ilse Jooste het dié foto ingestuur. Die plaas is geleë in Noordwes naby Bospoort (Delareyville Distrik)
Lynn Killian verduidelik dié bord is ‘n paar kilometer voor Joubertina in die Oos-Kaap
Herman Fourie het dié foto by Boegoeberg naby Graafwater in die Wes-Kaap geneem
Cilla Neill het dié foto van Celeste Barkhuizen en Neels Snyman ingestuur. Die foto is buite Paternoster op pad na Vredenburg geneem.
Andre le Grange het hierdie foto van Baardskeerdersbos in die Overberg (Wes-Kaap) geneem. Deidre le Grange het die foto ingestuur.
Andre le Grange se foto by Grootdrink, ‘n dorpie in die Noord-Kaap. Deidre le Grange het die foto ingestuur.
Desiré Hinze sê Drupkelder is in die Tradourivierpas op die R324 in die Wes-Kaap
Marlize Chkodrov van Vereeniging sê dié bord van “Draghoender” is tussen Groblershoop en Prieska in die Noord-Kaap
Elize Perrin het dié foto in Victoria-Wes geneem
Elize Perrin het dié foto in Victoria-Wes geneem
Grootdrink naby Vanzylsrus in die Noord-Kaap (Foto: Marlize Chkodrov van Vereeniging)
Marlize Chkodrov van Vereeniging se foto van “Hondeblaf” buite Petrusville in die Noord-Kaap
Isabel Meyer verduidelik dié bord is op pad na Roossenekal
Isabel Meyer het dié foto in Philippolis geneem
Marlize Chkodrov van Vereeniging het “Klipdrift” op die pad tussen Vereeniging en Potchefstroom geneem
Andre Viljoen het dié foto by Generaalskop-uitsigpunt geneem. Leonie Viljoen het die foto ingestuur.
Lynette Engelbrecht verduidelik dié foto is net buite Paternoster geneem
Madelein Erasmus sê sy het die foto geneem op die pad tussen George en Knysna naby Heroldsbaai, Victoriabaai en Buffelsbaai
Madelein Erasmus het dié foto tussen Modimolle (Nylstroom) en Thabazimbi geneem
Madelein Erasmus verduidelik dié restaurant is in Aberdeen langs die begraafplaas geleë
Madelein Erasmus meen die Sneeuberge naby Murraysburg in die Karoo is so besonders, omdat dit lyk of ‘n beeldhouer dit gevorm het
Marlene Senekal het Uhuru-gasteplaas se bord afgeneem tussen Oudtshoorn en Calitzdorp
Marlize Chkodrov van Vereeniging se foto van “Opraap” tussen Coligny en Lichtenburg in Noordwes
Putsonderwater naby Marydale in die Noord-Kaap. Foto deur Marlize Chkodrov van Vereeniging
Sanette Leonard het dié foto op die N14 geneem. Sy het spesiaal die foto geneem omdat “Leonard” hul van is
Sanette Leonard het dié foto tussen Heilbron en Frankfort geneem
Halfpadsylyn tussen Coligny en Lichtenburg in Noordwes. Foto deur Marlize Chkodrov van Vereeniging
Marlize Chkodrov van Vereeniging het “Woestalleen” afgeneem tussen Belfast en Middelburg in Mpumalanga
Herman Fourie het dié foto 45 km noord van Vosburg, op pad na De Aar geneem
Herman Fourie se foto van “Leeuriet” tussen Nieuwoudtville en Calvinia
Herman Fourie het dié foto naby Vosburg geneem
Herman Fourie se foto van “Meeulsteenvlei”. Hy verduidelik dit is die eerste plaas as mens teen die Piekenierskloofpas op gaan
Jan van der Merwe het dié foto 3 km buite Clarens op pad na die Golden Gate Nasionale Park geneem
Magdél Cilliers verduidelik sy het dié foto geneem op pad na haar skoonpa se geboortedorp, Strydenburg in die Noord-Kaap
Marlize Booysen sê ‘n vriendin het dié foto van haar geneem. ‘n Paar vriendinne was die naweek weg en hulle het haar die naweek met die bynaam “Mara” gedoop
Yvette Hattingh het dié foto vroeg in die oggend verby Boesmanspoort langs die Gariepdam geneem. Dit was -4 grade buite!
Danita Hohne het dié foto tussen Carnarvon en Vosburg geneem
Domenique Nolte vertel sy en Basie du Rand is al ‘n jaar lank saam en nog steeds lief vir mekaar. Hulle het spesiaal gery en dié bord van Langzeekoegat gaan soek
Domenique Nolte en Basie du Rand by Haasbroekweg in Springs (Die fotograaf is David du Rand)
Yvette Hatting het dié foto van die Suid-Kaap-grens op ‘n grondpad so entjie van Witsand geneem
Yvette Hattingh het dié foto op die afdraai na Sutherland en Matjiesfontein geneem
Yvette Hattingh het dié foto ingestuur
Yvette Hatting se foto van Pampoenpoort tussen Loxton en Victoria-Wes
Yvette Hatting se foto van Kootjieskolk. Sy verduidelik in die middel van niks en nerens, ‘n entjie van Calvinia, is die afdraai na Kooitjieskolk waar absoluut niks gebeur nie…
Marlize Chkodrof het dié bord van “Agtertang” naby Colesberg in die Noord-Kaap geneem
Marlize Chkodrov het dié bord van Clarens in die Vrystaat geneem
Marlize Chkodrov sê “Geluk” lê buite Belfast in Mpumalanga
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.