[Foto’s] Inskrywings vir pleknaamfoto-kompetisie stroom in

Foto naby Riviersonderend in die Wes-Kaap (Foto: Maroela Media)

Foto naby Riviersonderend in die Wes-Kaap (Foto: Maroela Media)

Inskrywings stroom in vir Maroela Media se pleknaamfoto-kompetisie waar een persoon danksy die ATKV ʼn midweek (Sondag tot Donderdag) by een van die ATKV se sewe selfsorg-vakansieoorde kan wen (jy kan kies watter een jy graag wil bywoon)! Drie gelukkige wenners wen ook elk ʼn Boereplaas-bordspeletjie.

Maroela Media is op soek na jou foto van ʼn oorspronklike en unieke Afrikaanse plek- of plaasnaam – iets wat eie is aan Suid-Afrika, en eie is aan Afrikaans.
Lees hier meer oor die pryse en die kompetisie

Só maak jy:

Stuur jou foto van ʼn plek- of plaasnaam aan ons by [email protected] met “Plaasnaam” in die onderwerpveld. Sluit die volgende in: jou naam en van, die fotograaf se naam en van, en waar die foto geneem is.

Dié kompetisie duur tot 17 Oktober 2016: jy het dus ʼn paar maande om die land plat te reis en die mooiste foto’s te neem! Ons kan nie wag om dit te sien nie.

Bepalings en voorwaardes:

  • Jy kan soveel foto’s instuur soos wat jy wil
  • Plek- en plaasname kan enige plek ter wêreld geneem word, maar oulike Afrikaanse name sal voorkeur geniet
  • Die pleknaam moet ‘n amptelike naam op ‘n pleknaam/plaasnaambord wees, dit kan nie bloot ‘n handgeskrewe naam wees nie
  • Die foto moet oorspronklik deur jouself geneem wees, of deur iemand wat jy ken, en wie toestemming gegee het dat die foto in dié kompetisie gebruik mag word
  • Deur in te skryf, gee jy toestemming dat ons jou foto en jou naam op sosiale media en ons webwerf mag publiseer
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal
  • Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie
  • Wenners sal per e-pos en op die webwerf in kennis gestel word en die bordspeletjie sal binne 30 dae aan jou gepos word

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.