Geluk aan die eerste ‘raai die telling’-wenner

Suid-Afrika het op 10 September 2023 teen Skotland in die Rugbywêreldbeker te staan gekom. Die Springbokke het met 18-3 geseëvier.

Een gelukkige Maroela-leser wat die telling korrek geraai (of die naaste aan die eindtelling geraai het), het die kans gestaan om ʼn midweek by ATKV-Oorde te wen.

Baie geluk aan Harry Schutte van Centurion wat dié ronde die wenner was.

Jy kan ook wen

Suid-Afrika kom op 17 September 2023 te staan teen Roemenië in die Rugbywêreldbeker.

Raai die telling en staan die kans om ʼn midweek by ATKV-Oorde te wen.

Klik hier om in te skryf.

Wat wen mens?

Die leser wat die telling korrek raai, wen ʼn midweek (Sondag 14:00 tot Donderdag 10:00) in ʼn standaard eenheid by een van die ATKV se sewe selfsorgvakansieoorde van sy/haar keuse.

Dié oorde is ATKV-Buffelspoort naby Rustenburg, ATKV-Drakensville aan die voet van die Drakensberge naby Bergville, ATKV-Eiland Spa naby Tzaneen, ATKV-Goudini Spa naby Worcester, ATKV-Hartenbos langs Mosselbaai, ATKV-Klein-Kariba naby Bela Bela en ATKV Natalia by Illovo in KwaZulu-Natal

Vir meer inligting oor die oorde, klik hier en besoek gerus die webwerf atkvoorde.co.za.

Die prys sluit akkommodasie vir vier persone in. Omdat dit selfsorgoorde is, moet jy self voorsiening maak vir alle etes. Daar is wel restaurant- en winkelfasiliteite indien jy daarvan gebruik wil maak.

ATKV-Oorde landswyd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.