Suid-Afrika het op 15 Oktober 2023 teen Frankryk in die Rugbywêreldbeker se kwarteindstryd te staan gekom en met 29-28 as wenners uit die stryd getree.
‘n Gelukkige Maroela-leser wat die telling korrek geraai (of die naaste aan die eindtelling geraai het), het die kans gestaan om ʼn midweek by ATKV-Oorde te wen.
Baie geluk aan Annis de Bruyn van Pretoria wat dié ronde die wenner was.
Jy kan ook wen
Jy kan met die halfeindstryd ook in aanmerking kom om ʼn midweek by ATKV-Oorde te wen as jy die telling korrek raai.
Klik hier om deel te neem.
Wat wen mens?
Die leser wat die telling korrek raai, wen ʼn midweek (Sondag 14:00 tot Donderdag 10:00) in ʼn standaard eenheid by een van die ATKV se sewe selfsorgvakansieoorde van sy/haar keuse.
Dié oorde is ATKV-Buffelspoort naby Rustenburg, ATKV-Drakensville aan die voet van die Drakensberge naby Bergville, ATKV-Eiland Spa naby Tzaneen, ATKV-Goudini Spa naby Worcester, ATKV-Hartenbos langs Mosselbaai, ATKV-Klein-Kariba naby Bela Bela en ATKV Natalia by Illovo in KwaZulu-Natal
Vir meer inligting oor die oorde, klik hier en besoek gerus die webwerf atkvoorde.co.za.
Die prys sluit akkommodasie vir vier persone in. Omdat dit selfsorgoorde is, moet jy self voorsiening maak vir alle etes. Daar is wel restaurant- en winkelfasiliteite indien jy daarvan gebruik wil maak.
