Hier is die wenner van die koolstoof

Die koolstoof word aan Mario Linde oorhandig

Maroela Media en KragDag, in samewerking met Ndebele-stowe, het aan lesers die geleentheid gebied om ʼn Dover-koolstoof te wen.

Mario Linde van Cullinan in Gauteng het met dié prys weggestap. Mario is baie opgewonde oor die koolstoof, maar is nog onseker of hulle dit net vir hitte in die huis gaan gebruik en of hulle ook kos gaan maak op dié lekker stoof.

Dit lyk of daar ʼn hernude belangstelling in koolstowe is, moontlik as gevolg van die uitdagings wat ons ter plaatse ervaar op die gebied van kragvoorsiening. Veral nou in die winter is dit darem lekker om, soos ons voorsate van toentertyd, gesellig saam om hierdie snoesige hittebron te verkeer.

Besoek Ndebele Stoves se webwerf
Besoek KragDag se webwerf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae