Hier is die wenner van die kykNET-winterkompetisie!

Marina de Villiers (Foto verskaf)

Marina de Villiers (56) van Fochville in Gauteng is aangewys as die wenner van die Maroela Media/kykNET-winterkompetisie.

Marina wen die prysgeld van R10 000 kontant van kykNET. Al wat sy moes doen, was om daagliks ʼn vraag op Maroela Media te kry en saans die antwoord tussen 20:00 en 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Marina werk vir NG Welsyn en sy reken só meevallertjie is altyd welkom. Haar oudste dogter verwag ʼn baba volgende jaar Maart, so sy reken ouma gaan nie kan help om ʼn paar babagoed aan te skaf nie! Dit is haar eerste kleinkind.

Baie geluk, Marina!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

skerp ·

Hoekom die vrou se van en bly plek ? Vannag breek hulle in en word sy ontvoer om haar bankkaart in die hande te kry en gemartel vir haar pincode! !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.