Hier is die wenners van die braaidag-kompetisie

Wen ‘n heerlike geskenkpak van Ina Lessing Konfyte met jou braaiwenk

Elke persoon het mos sy eie manier van braai: of dit nou die tipe vleissnit is wat mens verkies of selfs die tipe vleis, met of sonder ʼn marinade, spesifieke speserye wat jy graag gebruik, of jy kole of hout verkies, of selfs spesifieke vuuraanstekers.

Ons wou vanjaar, spesiaal vir Braaidag (24 September) ons lesers se beste braaiwenke insamel.

Ina Lessing Konfyte, Ingemaak en Bakkery bederf boonop vier gelukkige Maroela-lesers, wat vir hul braaiwenke ingestuur het, met ʼn geskenkpak ter waarde van R500 elk – alles wat jy nodig het vir jou volgende braai!

Ina Lessing het ʼn splinternuwe aanlyn winkel en nou kan jy sommer van enige plek in die land dié wonderlike produkte aanlyn bestel. Besoek inalessing.co.za

Baie geluk aan Ella de Meyer van Springs, Kitty Beukes van Newlands in Pretoria, André Diederichs van Selborne in Kaapstad en Sanette Ralph van Gordonsbaai wat elkeen ʼn geskenkpak van Ina Lessing Konfyte, Ingemaak en Bakkery wen.

Klik hier om die wenners se braaiwenke en sommer van die ander oulike wenke wat ons ontvang het, te lees.

Ella, Kitty, André en Sanette se geskenkpak bevat een van elk van die volgende:

Vir voorgereg
Piquante-rissie (vul self met fetablokkies of olywe – heerlik!)
Gepiekelde soetrissie – heerlik saam met kaas op soutkoekies

Vir saam met die braaivleis
Druiweblatjang
Brandgenotsous

Maak net oop en bedien as ʼn slaai
Beetslaai

Saam met die potbrood
Bloubessiekonfyt
Kwepersnipperkonfyt
Heel makataankonfyt

Vir by die koffie ná die braai
Gemmerkoekies
Koffiekoekies

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.