Hier is die wenners van ons Vrouedag-kompetisie

Dis winter en ons is nog in die middel van ʼn wêreldwye pandemie. Daarom is dit nou die beste tyd om jouself te bederf!

Baie geluk aan Nicolene Lues van Alberton, Jolanda Louwrens van Brits en Nellie Grobbelaar van Delmas wat elkeen ʼn wonderlike Placecol-geskenkpak wen!

Jy kan Placecol vertrou om jou vel binne slegs sewe dae te transformeer. Placecol bly toegewyd om uitstekende produkte te ontwikkel wat jou veltoestand kan verbeter. Die Placecol-belofte beteken dat jy net sewe dae weg is van sigbare resultate.

Nicolene, Jolanda en Nellie wen elkeen ʼn Placecol-skoonheidsgeskenkpak ter waarde van meer as R1 800 wat die volgende bevat:

  • Placecol Clean Start Facial Milk (reiniger)

Reinig jou vel soos ʼn skoonheidsdeskundige met dié strelende reinigingsmelk wat sagkens maar doeltreffend alle vuilheid verwyder en jou vel op ʼn sellulêre vlak van onsuiwerhede reinig, terwyl die vog in jou vel steeds beskerm word. Jou vel sal skoon en gemaklik voel.

  • Placecol Calming Mist

ʼn Verfrisser wat sagkens en kalmerend werk om die pH-balans in jou vel te herstel. Dit verminder sensitiwiteit en berei die vel voor vir beter absorbering. Gereelde gebruik bevorder die vel se glans. Dit kan deur die loop van die dag weer aangewend word om bevogtigingsvlakke op te stoot en die vel te verfris.

  • Placecol Maximum Hydro Day

Dié bevogtiger help om die vel se natuurlike vog te reguleer en te bewaar terwyl kollageen-sintese vir ʼn ferm vel verhoog. Die natuurlike lipiede en vitamine A, E en C help met algehele voorkoms. Gereelde gebruik bevorder die vel se glans.

  • Placecol Maximum Hydro Night

ʼn Bevogtiger wat jy snags kan gebruik om die natuurlike voginhoud van die vel te verhoog terwyl kollageen- en elastienvervaardiging verbeter. Gereelde gebruik bevorder die vel se elastisiteit en digtheid vir ʼn ferm en glansende vel.

  • Placecol Sun Protection Spray SPF 15

ʼn Ligte, nie-olierige daaglikse beskermer wat maklik aanwend. Bevat hoë vlakke van anti-oksidante met UVA en UVB-filters om teen sonbrandskade en vrye radikale te beskerm. Dit hou die vel vogtig en glansend. Dit is perfek vir alle veltipes.

  • Placecol Conditioning Lip Therapy

ʼn Ultra-bevogtiger vir jou lippe wat langdurige vog verskaf om droë lippe te herstel en te beskerm. Dit kan ook vir naelvliesies gebruik word. Hierdie lipbevogtiger bevat xilitol en kokosneutolie wat jou lippe binnedring om langdurige bevogtiging te verseker.

Jy kan een van dié wonderlike geskenkpakke vir jouself of vir ʼn vrou in jou lewe wen. Die sluitingsdatum is op Vrouedag, 9 Augustus 2021.

Vir meer inligting oor Placecol se wonderlike produkte, besoek gerus placecol.com

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
isabelle

oe skoon jaloers BAIE GELUK DAMES