Inskrywing: Digkunskompetisie

Argieffoto (Foto: StockSnap, Pixabay)

Geniet jy dit om te skryf? Is jou taal jou trots en weet jy hoe om met woorde te speel? Hier is jou kans! Jou gedig se tema is: Kom ons gesels. Ons wil graag weet waaroor jy en jou mense gesels.

BoekeJol en Maroela Media gee aan elkeen die geleentheid om sy of haar digvernuf met ons te deel. “In ʼn gedig kan elkeen uiting gee aan sy of haar eiesoortige gevoelens, gedagtes en leefwêreld,” sê Dia van Staden, organiseerder van BoekeJol.

Dit is die tweede jaar wat Maroela Media en BoekeJol dié digkunskompetisie aanbied. Die wenner van die kompetisie ontvang R3 000, die tweede prys beloop R2 000 en die derde prys R1 000. Die sluitingsdatum is Vrydag 10 Augustus 2018.

Voltooi die inskrywing en stuur jou gedig vir ons:

Oops! We could not locate your form.

Reëls en voorwaardes:
• Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
• Jy kan net een gedig inskryf en dit mag nie langer as 14 reëls wees nie. Jou gedig moet in Afrikaans (nes jy dit praat of skryf) wees, dit moet oor die voorgeskrewe onderwerp (“Kom ons gesels”) handel en dit mag geen kru taal bevat nie.
• Gedigte wat laster en/of onwelvoeglike taal bevat, sal nie vir beoordeling aanvaar word nie.
• Dit moet elke deelnemer se eie, oorspronklike skryfwerk wees wat nie voorheen elders gepubliseer is nie.
• Geen gedigte waarop reeds kopie- of enige ander regte deur enige buitestander gehou word, mag sonder die skriftelike toestemming van sodanige party ingeskryf word nie. Deelnemers aan hierdie kompetisie en/of hul ouers/voogde vrywaar die aanbieders van die kompetisie van enige eise of ongeopenbaarde aansprake van enige aard wat mag ontstaan uit deelname aan die kompetisie.
• Inskrywings kan nie teruggestuur word nie en Maroela Media en die BoekeJol-fees behou die reg voor om gedigte wat ingeskryf is, te publiseer.
• Die finaliste en wenner word deur die redakteur en beoordelaars aangewys.
• Pryse is nie oordraagbaar nie.
• Die redakteur se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal verder hieroor gevoer word nie.
• Werknemers en naasbestaandes van Maroela Media, BoekeJol en ander borge mag nie aan die kompetisie deelneem nie.
• Deelnemers moet Suid-Afrikaanse burgers wees. Deelnemers wat jonger as 18 is, se ouer/voog moet toestemming gee vir deelname.
• Die finaliste en wenners moet bereid wees om aan bemarkingsaktiwiteite van Maroela Media en BoekeJol deel te neem.
• Die sluitingsdatum is Vrydag 10 Augustus 2018.
• Die beoordelaars behou die reg voor om, indien daar na hulle mening te min inskrywings is, of as die standaard nie hoog genoeg is nie, geen wenner aan te wys nie.
• Die aankondiging van die wenner sal Vrydag 31 Augustus om 13:45 tydens die BoekeJol by die Leriba Hotel geskied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.