Kompetisie: Is jou ouma die koelste ouma? Skryf haar in!

coolste ouma 5Ter viering van Vrouemaand in Augustus 2015 is Maroela Media op soek na die koelste ouma!
Stuur ‘n foto van jou ouma en vertel ons waarom sy die koelste ouma in die wêreld is! Stuur jou inskrywing na [email protected] met “Koelste ouma” in die onderwerpveld.

Bepalings en voorwaardes

  1. Daar is vyf pryse met ‘n geskenkbewys ter waarde van R250 vir een persoon by ‘n salon of spa van Maroela Media se keuse in haar omgewing.
  2. Oumas moet self vervoer dorp toe reël.
  3. Slegs oumas wat in Suid-Afrika woon, kan in aanmerking kom om ‘n prys te wen.
  4. Slegs lewende oumas met lewende kleinkinders mag vir die prys genomineer word.
  5. Een foto van die ouma en/of ‘n staaltjie oor die ouma met ‘n maksimum lengte van 150 woorde moet gestuur word na [email protected] met “Koelste ouma” in die onderwerpveld. Alhoewel ‘n foto en/of verduideliking nie al twee verpligtend is nie, word dit aanbeveel – die kans is groter dat iemand vir ‘n beskrywing by ‘n foto gaan stem!
  6. ‘n Maksimum van een prys word aan ‘n wenner toegeken. Die aantal inskrywings verbeter nie die kanse om ‘n prys te wen nie. Deelnemers wat meer as twee keer dieselfde inskrywing op Maroela Media se Facebook-bladsy publiseer, kan gepenaliseer word.
  7. Deelnemers kan die hashtag #koelsteouma op hul inskrywing gebruik, maar dit word nie verplig om vir ‘n prys in aanmerking te kom nie.
  8. Oumas mag nie hulself inskryf nie.
  9. Inskrywings sluit op 30 Augustus om 23:59 Suid-Afrikaanse tyd. Inskrywings wat hierna ontvang word, sal nie in berekening gebring word nie.
  10. Lesers kan van 1 September 2015 tot 6 September 2015 op Maroela Media kom stem vir hul gunsteling ouma. Elke leser mag slegs een keer kom stem. Die wenners word op 7 September 2015 aangewys. Maroela Media sal met die wenners op Facebook of per e-pos in verbinding tree. Indien ‘n wenner se kontakbesonderhede nie op Facebook beskikbaar is of ‘n privaatboodskap gestuur kan word nie, sal ‘n ander wenner in hierdie een se plek aangewys word.
  11. Pryse kan nie geruil word vir kontant nie, maar is oordraagbaar in uitsonderlike gevalle soos met Maroela Media ooreengekom.
  12. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  13. Neem asseblief kennis dat Facebook nie op enige manier hierdie kompetisie borg, ondersteun of administreer nie. Deelnemers skeld Facebook kwyt van enige aanspreeklikheid of verantwoordelikheid.
  14. Deelnemers stem in om, indien hulle as wenners aangewys te word, telefonies ‘n onderhoud toe te staan aan Pretoria FM.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Josef du Toit ·

Ai, so ‘n pragtige (oulike!) idee, helaas deeglik bederf met die onnodige volksvreemde gebruik van die woord ‘koelste’. Kan dit nie maar eerder “Oulikste ouma-kompetisie” genoem word nie, groot asseblief?

Dave ·

Jy kan wel redeneer Josef, dat dit ‘n direkte vertaling is en dit ‘n anglisme noem maar jy moet ook nie probeer om ons taal in ‘n kamer vas te keer. (omdat ek meer Engels praat as Afrikaans gebruik ek dikwels ook nie die dubbel-ontkenning nie.) Tale moet vryheid hê om te groei. Ek hou nie van anglisistiese praat nie maar vreemd, ek het nie ‘n probleem met die gebruik van ‘koelste’ in hierdie geval nie. Eintlik dink ek dit klink heel koel! :-)

Josef du Toit ·

Wel Dave, ons is almal dikwels skuldig aan Anglisisme, maar ‘koelste’ soos dit vir hierdie kompetisie gebruik word kom gevaarlik naby platvloers. Terwyl ‘n bietjie draaksteek met mensself eintlik noodsaaklik is, is daar darem ‘n stukkie waardigheid aan die ouderdom wat ons liewe oumas nie van beroof mag word nie!

Dave ·

Om by te voeg, ek is getroud met die koelste ouma maar gaan ander deelnemers ook ‘n kans gee.

Wessel ·

Ek is met my kleinkinders se ouma getroud. Kan ek ook inskryf? (LOL)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.