Kompetisie: Wen R1 000 met nuusbrief 100

Op Vrydag 10 Julie 2015 vier ons die 100ste uitgawe van Maroela Media se weeklikse nuusbrief! Deel jou goeie nuus in 100 woorde en staan ‘n kans om R1 000 te wen! Vertel vir ons byvoorbeeld waarom jy dankbaar is om elke oggend wakker te word, of vertel ons van die mooiste ding wat jy nog ooit gesien het. Vertel ons iets spesiaal wat al met julle gesin gebeur het, of vertel ons van iets wat jou hart warm laat klop of jou sommer spontaan laat glimlag wanneer jy daaraan dink. Vertel ons enigiets wat jy dink vir ons ook “goeie nuus” sal wees! Ons sien uit om jou storie te hoor.

Hierdie kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Jy hoef slegs eenmaal in te skryf.
  • Die kompetisie is aktief vanaf 10 tot 16 Julie 2015.
  • Die laaste veld in die vorm sal jou outomaties inteken op die weeklikse nuusbrief indien jy nog nie ingeteken is nie. Dit is verpligtend indien jy aan die kompetisie wil deelneem.
  • Deur in te skryf, gee jy toestemming dat ons dit wat jy geskryf het, saam met jou naam op Maroela Media se webwerf, sosiale media en in enige ander publikasie wat deur Maroela Media uitgegee word (soos die weeklikse nuusbrief), mag publiseer. Maroela Media sal nie jou kontakbesonderhede publiseer nie.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag van die kompetisie gevoer word nie.
  • Die wenner sal per e-pos of telefonies in kennis gestel word.
  • Maroela Media sal nie jou inligting met ander organisasies deel nie.
  • Maroela Media behou die reg voor om jou eenmalig in die toekoms per e-pos of SMS (indien jy jou nommer verskaf) te kontak vir veldtogte.
  • Die algemene bepalings en voorwaardes geld ook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.