[Kompetisie] Wie is Staal Burger se nuwe handlanger?

 Staal-Burger-Cast-Destyds-Radio.jpg

Die destydse Staal Burger karakters: Voor: Willie Steyn (Dom Boef), Yvette Barnard (Doedie), Daan Retief (Staal), Miems de Bruin (Dada) Nic Swanepoel (aankondiger) Agter: Roelf van Jaarsveld (klankversorging), Pieter Hauptfleisch (Slim Boef), Lorentz Schultz (Oom Zak), Jan Pohl (Willem), Mike Heine (Koos), Fanus Rautenbach (verteller) en Jan Briel (byspeler)

Een van die goue oues wat baie luisteraars nog onthou, is Staal Burger. Dié radiostorie is in die vroeë sestigs geskep deur Fanus Rautenbach, en later het Daan Retief aangesluit by Fanus as medeskrywer. Tot op hede was dit een van die gewildste radiostories.

Staal Burger was as‘t ware Afrikaanse radio se eie James Bond, en die oordadige en dramatiese byklanke en hoogdrawende taalgebruik van dié Afrikaanse superheld was uiters suksesvol onder oud en jonk.

ʼn Span gesoute akteurs en radiopersoonlikhede het byeengekom om nuwe lewe in hierdie bekende, ou radiokarakter en -storie te blaas. Die skrywer is Martin Jansen, en André Retief, die seun van Daan Retief wat oorspronklik die rol van Staal Burger vertolk het, sal in die nuwe reeks die rol van Staal vertolk.

 Staal-Groep_Nuwe2_LI.jpg

Die nuwe Staal Burger-groep: Voor: Andreas Jordaan (Dom Boef), Daniélle Retief (Doedie), André Retief (Staal) en Karin Retief (Dada) Agter: André du Toit (klankversorging), Anton Dekker (Slim Boef), Lochner de Kock (Koos), André Stolz (Willem) en Martin Jansen (verteller)

Daar is reeds verskeie gemeenskapsradiostasies wat vanaf 21 Augustus op ʼn weeklikse basis die nuwe Staal Burger gaan uitsaai. ʼn Volledige lys sal binnekort beskikbaar wees.

Die storie gaan op presies dieselfde wyse vertel word. Die karakters bly almal dieselfde, BEHALWE vir ʼn kinkel in die kabel met ʼn karakter wat bykom. WIE DINK JY IS DIT?

Hier is ʼn wenk: Die persoon is gereeld in die media en hy hou homself besig met hofsake…

Neem deel

Laat weet ons wie jy dink die nuwe karakter in Staal Burger is en jy staan ʼn kans om ʼn heerlike geskenkpak te wen. Stuur ʼn e-pos na [email protected] om ons te bereik nie later nie as 20 Augustus 2017.

Staal Burger is moontlik gemaak deur AfriForum.

Bepalings en voorwaardes

  1. Die kompetisie sluit op Sondag 20 Augustus 2017 om 23:59 SAST.
  2. Maroela Media sal die wenner aankondig op Maandag 21 Augustus 2017.
  3. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word oor nie.
  4. Die prys bestaan uit allerlei items uit Maroela Media se aanlyn winkel, asook ‘n ongespesifiseerde aantal boeke.
  5. Die kompetisie is gesluit vir Maroela-lesers oorsee. Slegs mense binne Suid-Afrika mag deelneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae