Luister: Cindy Nell-Roberts oor die belangrikheid van goeie tydsbestuur

Cindy Nell-Roberts is lief vir ‘n mooi lipstiffie. (Foto: verskaf)

Hulle sê mos as jy dít doen waarvan jy hou, sal jy nooit weer ʼn dag in jou lewe werk nie, en die voormalige Mej. Suid-Afrika Cindy Nell-Roberts kan dit beaam.

As uitvoerende hoof van Cosmetix, wat grimeer-en skoonheidsprodukte soos essence en CATRICE invoer, medestigter van die verbruiningsreeks Caribbean Tan, filantroop én ma van twee, is Nell-Roberts bobaas as dit kom by tydsbestuur.

Hoewel sy vandag ʼn getroue span het wat haar help om haar sakeonderneming én besige lewe te bestuur, het die voormalige Mej. Suid-Afrika én sakevrou soos enige ander entrepreneur aanvanklik alles self gedoen, van verkope en bokse pak tot bemarking en vele meer.

In die laaste episode van dié podsendingreeks gesels sy met Maroela Media oor die belangrikheid van sorgvuldige tydsbestuur in ʼn mens se persoonlike én professionele lewe, asook lesse wat sy uit die sakewêreld geleer het. Sy gee ook ʼn paar skoonheidswenke vir daardie dol oggende wanneer jy byna geen tyd het om voor die spieël te staan nie.

  • Luister hier na die eerste en tweede episodes van dié podsendingreeks waarin sy onder meer oor haar mylpaalverjaarsdag en die strategie agter skoonheidskompetisies gesels.

Wen

Twee gelukkige Maroela Media-lesers staan elkeen ʼn kans om ʼn Cosmetix-geskenkpakkie ter waarde van R1 000 elk te wen. Elke pakkie bevat skoonheidsprodukte van essence, CATRICE en Caribbean Tan.

Om ʼn kans te staan om te wen, moet jy net die onderstaande vorm invul en Cosmetix op Facebook en Instagram volg.

Twee lesers kan dié lekker bederfpakkie ter waarde van R1 000 wen. (Foto: verskaf)

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum is Woensdag 30 Maart 2022 om middernag en die wenners sal Vrydag 1 April 2022 aangekondig word.
  • Twee wenners sal lukraak gekies word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Maroela Media sal die wenners kontak en hul fisiese adres bekom sodat die geskenkpak aan hul gestuur kan word.
  • Maroela Media en Cosmetix kan nie aanspreeklikheid aanvaar as die pakkie beskadig word tydens aflewering nie.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.