Luister: Skop jou feesskoene uit by die Pretoria Buitelug Ekspo en Fees

Feesgangers tydens dié geleentheid in 2019. (Foto: Verskaf)

Die samesyn en gees van ʼn feesterrein is iets wat eenvoudig nie virtueel vasgevang kan word nie.

Daarom is die organiseerders, uitstallers en kunstenaars van die Pretoria Buitelug Ekspo en Fees opgewonde om feesgangers vanjaar weer in lewende lywe na die feesterrein terug te verwelkom vir die Jakarandastad se grootste en veelsydigste geleentheid.

Dié unieke fees, wat pret en vermaak vir die hele gesin beloof, word van 22 tot 24 April deur kykNET, MTN, Pretoria FM, Maroela Media en die Water Pump‑groep by die Legends MX-avontuurplaas aangebied.

Lichelle Prinsloo, mede-organiseerder van dié geleentheid, het met Maroela Media gesels oor die opwindende en propvol program waarna feesgangers kan uitsien.

Vir meer inligting, feesprogramme en om kaartjies te bespreek, besoek die fees-webwerf hier. Lees ook meer oor dié fees op Maroela Media.

Wen

Vier gelukkige gesinne (van vier lede elk) staan die kans om dagbesoekerskaartjies vir die Pretoria Buitelug Ekspo en Fees te wen. Al vier gesinslede moet egter bo die ouderdom van 12 wees. Die kompetisie sluit 17 April 2022 om middernag en die wenners sal op 19 April 2022 aangekondig en per e-pos in kennis gestel word. Vul die onderstaande vorm in om in te skryf.

Bepalings en voorwaardes

  • Wenners word lukraak gekies.
  • Die prys sluit slegs toegang tot die fees in, wenners is vir hul eie reis- en verblyfkoste verantwoordelik.
  • Die prys sluit toegang tot een dag van die fees in, wenners kan egter enige dag kies.
  • Gesinslede moet almal bo die ouderdom van 12 wees.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die pryse kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Maroela Media mag met deelnemers kontak maak vir vrywillige ondersteuning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.