Moedertaaldag op Maroela: Hier is die wenners

Argieffoto (Foto: Victoria_Borodinova/Pixabay)

Die waarde van moedertaalonderrig kan nie genoeg beklemtoon word nie.

Internasionale Moedertaaldag word wêreldwyd jaarliks op 21 Februarie gevier word om die bewustheid van taalkundige en kulturele verskeidenheid en veeltaligheid te bevorder.

Maroela Media het ook Moedertaaldag gevier! Ons het lesers genooi om ons te laat weet waarom hulle moedertaal vir hulle so belangrik is. Die volgende persone wen elkeen ʼn geskenkpak boeke:

Stokperdjie- en kreatiewe handwerkboeke
Só skryf Joanne Sleigh van Bellville:
As BEGRIP vasgelê word vir enige vak – in die kind se moedertaal – kan daardie kind hom uitleef en in enige ander taal studeer wat in ʼn later stadium aangeleer word. Die kernbegrip is vir altyd daar.

Tienerverhale
Só skryf Karin Bernhardt van Centurion:
Ek maak twee kinders groot in Suid-Afrika. Ons word gebombardeer met mense, apps, nuus, selfs groepe op Facebook wat aandring op Engels. Dit begin vir my voel asof ons as nasie met ons taal vinnig aan die uitsterf is. Dit is my plig om dit te help keer, al is dit net deur twee kinders wat weer deur hul eie kinders ons taal lewendig kan hou, en om te weet die son mag ook oor hulle skyn.

Kinderboeke
Só skryf Barbara Birkholtz van Port Elizabeth:
Sodat ek my kind met haar huiswerk kan help! :)
Ek dink dit is belangrik in die kind se vormingsjare om nuwe konsepte (soos Wiskunde) in die taal te leer wat hulle goed ken en verstaan. Dit MOET tog net makliker wees om moeilike, nuwe dinge te leer as jy die taal waarin dit aan jou aangebied word, goed ken.
En daar is ná dit alles in elk geval geen mooier taal as Afrikaans nie!

Liefdesverhale
Só skryf Soekie van Emmenis van Polokwane:
Moedertaalonderrig is net so belangrik as wat dit is om moedersmelk in te kry. Sonder daardie belangrike voedingstowwe is jy verlore of “ondervoed”.
Die vaste grondslag van vaderlandsliefde word gelê met jou moedertaal.
Niks laat jou so tuisvoel as jou eie taal in enige plek op aarde nie.

Geestelike boeke
Só skryf Elsie Willemse van Kathu:
Want dis die taal wat mens die beste verstaan en mens jouself die beste kan uitdruk.

Baie geluk aan elkeen van dié gelukkige wenners!

 

Moedertaalonderrig

Die webwerf Afrikaans.com het ’n spesiale afdeling afgestaan aan moedertaalonderrig waar jy die bewese feite en antwoorde kry op al jou vrae met raad en ondersteuning sodat jy kan seker maak jy rus jou kind toe om sy/haar volle potensiaal te ontwikkel.

Klik hier om ʼn Moedertaalprojek-boekie af te laai wat al jou vrae beantwoord, soos:

  • Moet my kind in Engels skoolgaan om Engels te leer?
  • Is dit nie beter om my kind liewers in Engels groot te maak, sodat sy/hy Engels ordentlik kan praat nie?
  • Afrikaans op tersiêre vlak is onder druk en word nog net by enkele universiteite gebruik. Maak dit sin om my kinders na ’n Afrikaanse skool te stuur?
  • Gee ek my kind ’n voorsprong deur hom/haar in ’n Engelse klas te plaas?
  • Verwar dit my kind as hulle meer as een taal moet leer?
  • Benadeel ’n aksent my kind?
  • Is dit waar dat kinders in Engelse skole beter vaar as kinders in ander skole?

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.