Wen vir jou mense oorsee ʼn SA-Kersfees ter waarde van R200 000

STATIES 2

Oorsee? Kom huis toe met Cell C

Is jy een van daai oumas wat nog nooit jou nuwe kleinkind teen jou hart vasgedruk het nie, want sy bly iewers in die vreemde? Pyn jou hart van verlange want jou enigste seun is al drie jaar oorsee en jy het nog nie eens die liefde van sy lewe ontmoet nie? Of word jou plaasjapie-kleinkinders iewers in die vreemde in Engels groot?

As dit soos jóú storie klink, wil Cell C, Maroela Media en jou gemeenskapsradiostasie jou droom bewaarheid om vanjaar jou geliefdes huis toe te bring vir ʼn Somerkersfees! Daar is R200 000 se pryse op die spel, so skryf nóú in.

Facebook-foto’s en Skype-geselsies is maar net nie dieselfde as ʼn gesinsvakansie waar julle almal weer saam is nie. Maar die meeste geliefdes se situasies is ongelukkig van só aard dat hulle dit nie kan bekostig om te kom kuier nie, en om dáár te gaan kuier, is net so ʼn onmoontlike uitgawe.

Hier is jou kans!

Cell C, in samewerking met Maroela Media en 28 gemeenskapsradiostasies landswyd, borg vier retoerkaartjies (ekonomiese klas), van enige plek in die wêreld, vir jou geliefdes om tydens die Kersseisoen op enige plek in Suid-Afrika vir jou te kom kuier. As deel van die Oorsee? Kom huis toe met Cell C-kompetisie reël ons boonop vir jou en jou geliefdes, saam met hul familie en vriende hier in SA, ʼn Kerspartytjie ter waarde van R60 000 waartydens die bekroonde Afrikaanse kunstenaar, Coenie de Villiers, as gaskunstenaar sal optree – wat ʼn wonderlike prys!

Die Kersgeskenke is nog nie klaar nie: Jou plaaslike gemeenskapsradiostasie, wat deel van die projek is, kry die geleentheid om ʼn Cell C-advertensieveldtog ter waarde van R30 000 te wen, indien jy aandui dat jy op dié stasie van die Kom huis toe met Cell C-kompetisie te hore gekom het. Boonop wen al die semifinaliste in die eerste ronde van die kompetisie ʼn slimfoon met die komplimente van Cell C.

Die totale waarde van die Oorsee? Kom huis toe met Cell C-kompetisie is sowat R200 000.

Ons wil jou graag verras indien jy die wenner van die kompetisie is – ons gaan onverwags by jou huis opdaag saam met jou geliefdes. Daarom moet jy, wanneer jy inskryf, ʼn kontakpersoon nomineer met wie ons in verbinding kan tree indien jy die wenner is. Die persoon wat jy nomineer moet dus verkieslik iemand wees wat presies weet hoe jou dagboek lyk en wat kontak het met jou geliefdes oorsee sodat ons die vakansiereëlings kan tref. Die persoon moet natuurlik ook ʼn geheim kan bewaar!

Só werk dit

  • As jy in Suid-Afrika woon en jou geliefdes minstens meer as ʼn jaar laas gesien het, mag jy vir die kompetisie inskryf
  • Voltooi jou inskrywing aanlyn op Maroela Media tussen 17 Oktober 2016 en 26 Oktober 2016
  • Een inskrywing uit elke gemeenskapsradiostasie se inskrywings word as semifinaliste gekies, en een semifinalis uit Maroela Media se lesers
  • Ons publiseer al dié semifinaliste en hul geliefdes se oorsee-storie op Maroela, en die publiek kan dan tussen 28 Oktober en 2 November kom stem vir die semifinalis wat hulle reken die groot prys verdien
  • Sewe finaliste word uit dié stemme en die beoordelaars se punte aangewys, en tussen 7 en 10 November word daar dan weer vir dié finaliste gestem
  • Die wenner se aangewese kontakpersoon en die geliefdes oorsee word op 11 November gekontak, en saam met die wenner se gemeenskapsradiostasie word die reëlings getref vir die kuiertjie en Kersfeespartytjie in Suid-Afrika
  • Binne 24 uur nadat die geliefdes van oorsee onverwags by die wenner se huis opgedaag het vir hul Kersvakansie, word die wenner op Maroela Media en die gemeenskapradiostasies bekend gemaak met ʼn video van die herontmoeting, sodat ons die vreugdevolle én tranerige oomblik met die land kan deel.

Skryf sommer nou dadelik in! Vul die inskrywingsvorm volledig in en jy sien dalk spesiaal vir Kersfees daardie geliefdes na wie jy so verlang!

En as jy die een oorsee is, moedig jou familie en vriende in Suid-Afrika om deel te neem! Jy kan jouself nie inskryf as jy oorsee is nie, maar iemand in SA kan.

Kom dié Kersfees huis toe met Cell C en jou gemeenskapsradiostasie. Lekker, Maroela!

Dit is baie belangrik dat jy die bepalings en voorwaardes (onderaan die vorm) lees om te verseker dat jou inskrywing geldig is en dat jy presies weet wat by die prys ingesluit is. Jy kan moontlik die prys verbeur as jy nie aan al die bepalings en voorwaardes voldoen nie.

Oops! We could not locate your form.

Bepalings en voorwaardes

Retoerkaartjies

  • Die vakansie is vir maksimum vier mense (volwassenes of kinders) vanaf enige plek in die wêreld na Suid-Afrika
  • Retoervliegtuigkaartjies (ekonomiese klas) na Suid-Afrika en vervoer vanaf die naaste lughawe in Suid-Afrika tot by die wenner se huis is ingesluit
  • Die prys is vir ʼn familie van maksimum 4 persone. Sou die gesin uit meer as 4 familielede bestaan, is die kostes vir addisionele persoon/e vir eie rekening. Ander persone wat nie deel is van die gesin nie, kan nie by die prys ingesluit word om die vier kaartjies op te maak nie
  • Lughawebelasting, oordragkostes en reisversekering is ingesluit by die prys
  • Cell C en Maroela Media bepaal die lugredery waarmee die persone sal vlieg
  • Cell C en Maroela Media bepaal die reisversekering wat ingesluit word
  • Die prys sluit enige oortollige bagasie en alle derdeparty fooie uit
  • Persoonlike uitgawes op die lughawe of in die vliegtuig is nie by die prys ingesluit nie
  • Indien enige visums benodig word, is dit nie by die prys ingesluit nie
  • Persone is verantwoordelik om self seker te maak hul paspoorte is in orde en enige kostes hieraan verbonde is vir die persoon se eie rekening
  • Indien ʼn gesin se paspoorte nie in orde is wanneer hulle as wenner van die kompetisie aangewys word nie, verbeur hulle ongelukkig die kans om na Suid-Afrika te reis. ʼn Ander wenner word dan aangewys
  • Die geliefdes oorsee moet self voorsiening maak om in die land waar hulle tans woon/werk by die lughawe uit te kom. Maroela Media, Cell C en die gemeenskapsradiostasies dek slegs die kostes van die lughawe in Suid-Afrika na jou familie of vriende hier waar jy sal tuisgaan
  • Die vakansie se aankoms- en vertrekdatums moet tussen 15 November 2016 en 31 Januarie 2017 wees
  • Indien jou geliefdes nie binne die bepaalde periode kan kom kuier nie, verbeur jy ongelukkig die prys en sal die volgende persoon aangewys word as die wenner
  • Sou daar vir enige rede vlugte gekanselleer word deur die gekose lugredery, kan Maroela Media en Cell C nie aanspreeklik gehou word vir enige verliese wat gely word nie
  • Die bepaalde lugredery wat gebruik word, se bepalings en voorwaardes is van toepassing.

Kuier in Suid-Afrika

  • Die persoon in SA wat namens sy/haar geliefdes oorsee die prys wen, is verantwoordelik daarvoor om hul geliefdes wat kom kuier te voorsien van akkommodasie, etes en vervoer tydens hul verblyf in SA
  • Persone wat die inskrywing instuur, moet beskikbaar wees tydens die tydperk om die genomineerde familie van oorsee te huisves sou hulle die wenner wees
  • Enige addisionele of onverwagse uitgawes tydens die kuier in Suid-Afrika is nie by die prys ingesluit nie.

Kerspartytjie

  • Cell C sal die koste dra van die Kerspartytjie wat vir die wenner en sy/haar geliefdes gehou word vir ʼn maksimum van 30 mense, en tot ʼn maksimum waarde van R60 000. Dit sluit die venue, ete, nie-alkoholiese drinkgoed en Coenie de Villiers se optrede as gaskunstenaar in
  • Maroela Media, in samewerking met die wenner se gemeenskapsradiostasie, kies die venue waar die Kerspartytjie gehou word
  • Die Kerspartytjie sal gehou word in oorleg met die besoekende gesin asook die wenners en Coenie de Villiers se vakansieplanne en beskikbaarheid
  • Die Kerspartytjie kan op enige datum tydens die besoek gehou word, maar die Kerspartytjie sal nie op 24/25 Desember of 31 Desember/1 Januarie gehou word nie. Alle betrokke partye se beskikbaarheid sal in berekening gebring word met die bepaal van die datum
  • Maroela Media, in samewerking met die wenner se gemeenskapsradiostasie, neem alle besluite oor die Kerspartytjie, in oorleg met die wenner, insluitend die spyskaart, datum, tyd van die dag, program, dekor ensovoorts
  • Alkohol by die funksie buiten dit wat deur Maroela Media verskaf word, is nie by die prys ingesluit nie
  • Enige vervoerkostes wat verband hou met die konsert, is nie ingesluit nie
  • Maroela Media, die wenner se gemeenskapsradiostasie en ander deelnemende gemeenskapsradiostasies het die reg om die Kerspartytjie by te woon en mediadekking daaraan te verleen.

Bemarking en advertensie

Deur in te skryf, stem jy in dat:

  • Maroela Media inligting en foto’s uit jou inskrywing op Maroela Media mag publiseer
  • ʼn video van die tuiskoms en herontmoeting geneem mag word en vir ʼn onbeperkte tyd op Maroela Media en enige ander sosialemedianetwerk gepubliseer mag word, indien jy die wenner is
  • Jy en jou geliefdes, indien jy die wenner is, beskikbaar sal wees vir onderhoude met Maroela Media en die betrokke gemeenskapsradiostasie, en ook met ander deelnemende gemeenskapsradiostasies en ander media indien nodig
  • Joernaliste en bestuur van Maroela Media asook van die wenner se gemeenskapsradiostasie, en ander nabygeleë gemeenskapsradiostasies se joernaliste, die Kerspartytjie mag bywoon en mediadekking daaraan mag verleen

Kontakbesonderhede

  • Ons wil dit ʼn geheim hou indien jy wen: sluit kontakbesonderhede in van iemand wat ons kan kontak om die reëlings mee te tref indien jy ʼn wenner is

Inskrywings- en stemproses

  • Elke deelnemende gemeenskapsradiostasie sal een semifinalis in die eerste uitdunronde hê – alle stasies staan dus ʼn gelyke kans om te wen, maak nie saak hoe groot die luisteraarsgetal van die stasie is nie
  • Een semifinalis word ook aangewys uit Maroela Media se lesers
  • Die kompetisie begin op 17 Oktober 2016 en inskrywings sluit op 26 Oktober om 10:00
  • Eerste stemronde vind plaas tussen 28 Oktober en 2 November om 12:00
  • Na die eerste stemronde word sewe finaliste aangewys, op grond van die aantal stemme wat elke semifinalis ontvang het, verreken saam met die beoordelaars se punte
  • Die stemronde vir die wenner uit die sewe finaliste vind plaas tussen 7 November en 10 November om 12:00
  • Die beoordelaarspaneel bestaan uit Coenie de Villiers en verteenwoordigers van Maroela Media en Cell C
  • Luisteraars en lesers se stem tel 20% en die beoordelaarspaneel se stem tel 80% tydens elke stemronde, om klein gemeenskapsradiostasies ʼn gelyke kans te gee dat hul semifinalis as wenner aangewys kan word
  • Kontak word op of so gou moontlik ná 11 November gemaak met die wenner se kontakpersoon en geliefdes oorsee en die reëlings word getref vir die kuier in Suid-Afrika
  • Die geliefdes oorsee moet voor 14 November bevestig dat hulle reisdokumente wel in orde is en dat hulle binne die bepaalde periode na Suid-Afrika kan reis
  • Slegs persone wat tans in Suid-Afrika woon, mag aan die kompetisie deelneem
  • Suid-Afrikaners oorsee mag hulself nie nomineer nie – iemand in Suid-Afrika moet hulle nomineer
  • Jy moet minstens 18 jaar oud wees om deel te neem
  • Die kompetisie het slegs een groot prys. Troospryse in die vorm van Cell C-toestelle kan aangebied word
  • Sakgeld en enige ander kontant is nie by die prys ingesluit nie
  • Maroela Media, Cell C en die gemeenskapsradiostasies kan die geldigheid van jou inskrywing ondersoek en behou die reg voor om enige inskrywing te diskwalifiseer indien die persoon gepoog het om aan die inskrywingsproses of stemproses te karring of om die data op enige manier te manipuleer
  • Elke persoon kan meer as een keer inskryf en verskillende gesinne oorsee nomineer, maar slegs een inskrywing per gesin oorsee per inskrywer sal aanvaar word
  • Tydens die stemproses kan persone slegs een keer tydens elke stemfase stem
  • Persone kan slegs met hul eie name inskryf. Inskrywings met foutiewe, misleidende of bedrieglike inligting sal ongeldig verklaar word. Maroela Media en Cell C behou die reg voor om die persone te versoek om identiteitsdokumente of enige ander dokumentasie in te dien om die deelnemer se identiteit, ouderdom, residensiële adres en geregtigheid om deel te neem, te verifieer
  • Maroela Media, Cell C en die gemeenskapsradiostasies kan nie aanspreeklik gehou word vir enige tegniese probleme tydens die inskrywingsproses nie
  • Ongemagtigde ingryping tot die inskrywingsproses of stemproses sal nie geduld word nie en die betrokke inskrywing sal as ongeldig verklaar word en die oortreder kan moontlik strafregtelik vervolg word
  • Besonderhede hoe om deel te neem vorm deel van die bepalings en voorwaardes
  • Sodra jy ingeskryf het, kan jou besonderhede nie gewysig word nie

Gemeenskapsradiostasie se prys

  • Die gemeenskapsradiostasie wie se finalis as wenner aangewys word, ontvang ʼn advertensieveldtog van Cell C met lugtyd ter waarde van R30 000
  • Advertensiemateriaal vir die lugtyd sal deur Cell C verskaf word
  • Maroela Media sal as tussenganger tussen Cell C en die gemeenskapsradiostasie optree vir die bespreek van die advertensieveldtog – geen agentskapskommissie sal hiervoor gehef word nie
  • Die advertensieveldtog is nie omruilbaar vir kontant nie

Algemeen

  • Die prys is nie omruilbaar vir kontant nie
  • Die gesin oorsee en die persoon in Suid-Afrika wat hulle nomineer, moet mekaar minstens ʼn jaar of meer laas gesien het om vir die prys in aanmerking te kom
  • Slegs inskrywings wat op die inskrywingsvorm op Maroela ingedien word, sal aanvaar word
  • Enige ander uitgawes wat die wenner of die geliefdes aangaan tydens die vakansie wat nie uitdruklik by die prys ingesluit is nie, word nie deur Maroela Media of Cell C gedek nie
  • Maroela Media, Cell C en die gemeenskapsradiostasie beskou jou persoonlike kontakbesonderhede as uiters vertroulik en sal dit ook nie aan enige derde party verkoop nie
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie
  • Werknemers van Maroela Media en Cell C mag nie aan die kompetisie deelneem nie
  • Maroela Media, Cell C en die gemeenskapsradiostasies kan nie verantwoordelik of aanspreeklik gehou word vir enige beserings, skade, verlies of dood aan persone of eiendom tydens die reis, vakansie of terugkeer nie
  • Maroela Media, Cell C en die gemeenskapsradiostasies aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige verlies wat deur enige van die volgende gely word nie:
    • Die lugredery wat gebruik word
    • Vervoer wat gebruik word om familie van die lughawe na die Suid-Afrikaanse gasfamilie te vervoer
    • Enige dispuut wat mag ontstaan tussen die buitelandse- en gasfamilie tydens die tydperk van verblyf in Suid-Afrika
  • Maroela Media, Cell C en die gemeenskapsradiostasies kan nie aanspreeklik gehou word vir enige belastingimplikasies wat mag spruit uit die kompetisie of indien jy die prys in ontvangs neem nie
  • Gebeure buite Maroela Media of Cell C se beheer wat betref die oorhandiging van die prys kan daartoe lei dat die prys gewysig word en die deelnemer aanvaar dat geen aanspreeklikheid aanvaar sal word as gevolg daarvan nie
  • Sperdatums en verloop van kompetisie is streng soos uiteengesit op Maroela Media se webwerf
  • Indien jy vir hierdie kompetisie inskryf, aanvaar jy die bepalings en voorwaardes soos hier uiteengesit en erken jy dat jy dit gelees, verstaan en aanvaar het

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.