Oorsee? Kom huis toe met Cell C: Die laaste fase

Oorsee? Kom huis toe met Cell C

Oorsee? Kom huis toe met Cell C

Ons het lang trane gehuil saam met finaliste wie se familielede oorsee bly – en die laaste fase van die Oorsee? Kom huis toe met Cell C-kompetisie het aangebreek.

Uit honderde inskrywings wat ons ontvang het, het sewe semifinaliste deurgedring ná ʼn eerste ronde stemme, en die beoordelaars en publiek se stemme is getel om die uiteindelike wenner van die kompetisie aan te wys, die persoon wie se geliefdes oorsee bederf gaan word met vier vliegtuigkaartjies om in Suid-Afrika te kom kuier.

Daar word nou gekonkel met die wenner se aangewese kontakpersoon en die geliefdes oorsee sodat die wenner onbewus is van die groot verrassing wat op hom of haar wag. Cell C borg die vier vliegkaartjies en sodra die geliefdes in Suid-Afrika land, gaan ons aan die wenner se deur klop met dié groot verrassing! Maroela sal gereed staan met kameras om die reünie te verfilm, sodat al ons lesers kan deel in die vreugdevolle én tranerige oomblik.

Die betrokke persoon is nog nie bewus daarvan dat sy of hy die uiteindelike wenner is nie.

Maroela Media en Cell C tref boonop saam met die wenner se gemeenskapsradiostasie reëlings vir ʼn Kersfeespartytjie in Suid-Afrika waartydens die bekroonde Afrikaanse kunstenaar, Coenie de Villiers, as gaskunstenaar sal optree – wat ʼn wonderlike prys!

Die algehele waarde van die prys beloop ongeveer R200 000.

Hou Maroela Media dop vir die spesiale herontmoeting!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Liza ·

Geluk aan die wenner al weet ons nog nie wie dit is nie! Wens ek kon my mense hier he vir kersfees…

Michelle Kotze ·

Goeiedag, het Maroelamedia al die Wenners bekendgemaak vir die kompetisie vir “Oorsee Kom huistoe met Cell C”? So nuuskierig om te weet….. Wanneer gaan die video van die groot dag bekend gestel word?

Dankie!

Sune van Heerden ·

Dagsê Michelle

Dankie vir jou navraag. Ons het nog nie die wenner hier op Maroela Media bekend gemaak nie, ons is besig om met die wenner se kontakpersoon en die geliefdes oorsee te konkel sodat die wenner onbewus is van die groot verrassing wat op hom of haar wag. Binne 24 uur nadat die gesin van oorsee in Suid-Afrika land en ons die wenner verras het, word die persoon op Maroela bekend gemaak en die video gepubliseer.

Ons kan nie meer wag nie!
Lekker, Maroela!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.