Pleknaamkompetisie: Hier is die wenner!

Thania van den Berg se wenfoto, "Geluk"

Thania van den Berg se wenfoto, “Geluk”

Geloofsonderend, Soetwater, Genadendal, Vredekloof… Ons almal ken die bordjies van plek- en plaasname wanneer ons deur ons mooi land reis. Maroela Media was op soek na jou mooiste pleknaambordfoto’s, en die wenner is sopas aangewys!

Baie geluk aan Thania van den Berg met haar inskrywing, “Geluk”. Sy het die foto 150 km suidwes van Nelspruit op die N3 geneem.

Thania wen, met die komplimente van die ATKV, ʼn midweek (Sondag tot Donderdag) by een van die ATKV se sewe selfsorg-vakansieoorde. Die prys sluit akkommodasie vir vier persone in, maar etes is uitgesluit (daar is wel restaurant- en winkelfasiliteite).

Uit honderde inskrywings wat ons ontvang het, het die beoordelaars drie naaswenners aangewys (sien hul foto’s onderaan hierdie berig). Hulle ontvang elk ʼn Boereplaas-bordspeletjie. Een van dié wenners is Deidre le Grange wat Andre le Grange se foto van “Baardskeerdersbos” ingeskryf het. Sy verduidelik Baardskeerdersbos is ‘n baie klein gemeenskap in die Overberg in die Wes-Kaap.

Marlize Chkodrov wen ook ‘n Boereplaas-bordspeletjie met haar foto, “Woestalleen”. Sy het die foto tussen Belfast en Middelburg in Mpumalanga geneem. “Wat ‘n heerlike kompetisie was dit nou nie om aan deel te neem nie,” sê sy. “Ek is bevrees die gogga het my gebyt… ek gaan van nou af altyd op die uitkyk wees vir interessante plekname!”

Tertia Hattingh wen ook ‘n Boereplaas-bordspeletjie met haar foto, “Moedverloor”. Sy verduidelik Moedverloor is net voor Bitterfontein.

Die Boereplaas-bordspeletjie is ʼn opvoedkundige gesinsbordspel vir 2 – 6 persone. Leer boer met dié heerlike speletjie: beurtkrag laat jou kuikens vrek, jy moet allerhande belastings betaal en die werkers staak vir hoër lone. Maar jy voer ook vrugtesap uit na Doebai, begin ’n staproete op jou plaas en begin ’n aanleg vir gebottelde water. Boereplaas is pret en opvoedkundig. Dit leer kinders (en grootmense) van boerdery, ondernemingsgees, taalvaardighede, rekenkunde en sosiale interaksie. Ook hoe om met geld te werk.

Jy kan self vir jou gesin dié lekker bordspeletjie aankoop in Maroela se Koöperasie.

Wanneer jy deur die Weskus reis om na die blomme te kyk, of die klein dorpies in die Vrystaat besoek met die interessantste name, of selfs in Noordwes, Limpopo, Noord-Kaap of die Wes-Kaap van dié borde raakloop, moet jy sommer dadelik stilhou en ʼn foto neem. Stuur dit gerus nog steeds vir ons na [email protected] – ons wil graag jou foto’s sien!

Kyk hier na die vorige inskrywings wat ons ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

E.K. ·

Dis net soos die Afrikaanse name vir veldblomme veral in die Weskaap, Karoo ens – mooiste name en as mens eers oplees waar dit vandaan kom is dit so interessant! Dan wil party nou strate en plekke na mense vernoem – vir wat?! Ons het dan die mooiste plantname – gebruik dit eerder!

Fantastiese idee ·

Fantastiese idee Maroela en Atkv, plaas sommer weer ons gedagtes op die mooi!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.