Raai die Wêreldbeker-eindstrydtelling: Wenner aangekondig

Die Sprinbokke vier hul oorwinning teen Engeland tydens Saterdag se Wêreldbeker-eindstryd. (Foto: Verskaf).

Een Maroela-leser het die kans gestaan om ʼn ysmasjien ter waarde van minstens R2 000 te wen as die leser die Rugbywêreldbeker-eindstrydtelling (tussen Suid-Afrika en Engeland) reg kon raai.

Die Springbokke het met die Webb Ellis-beker weggestap toe hulle 32-12 met Engeland in Japan afgereken het.

Baie geluk aan Sonette Heyns van Groblersdal in Limpopo wat die telling korrek kon voorspel. Sy ontvang ‘n ysmasjien vir haar raaiskoot – net betyds vir die vakansie!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.