Soorte resepte:

[Resep] Venessa se Geroosterde Groente

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Venessa Schoeman, redakteur van Finesse-tydskrif, deel een van haar gunstelingresepte wat sy gereeld in een van haar Argilla-bakke opdis. Klik op die skakel onderaan die resep om een van Argilla se pragtige bakke te wen.

Bestanddele:

  • 2 botterskorsies
  • 1 pakkie murgpampoentjies
  • 4 medium-aartappels
  • 1 ui
  • 1 pakkie bruinuiesop
  • 1 t suiker
  • 250 ml water

Metode:

  1. Sny die groente in blokkies. Plaas dit in ʼn groot ovaal Argilla-oondroosterbak .
  2. Meng die sop, suiker en water saam en gooi oor die groente.
  3. Bak in die oond by 180 ˚C vir 60 minute.

Die kompetisie is nou gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Joanita ·

Die geroosterde groente lyk liplek lekker in die Argilla Oonrooster bak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.