Venessa Schoeman, redakteur van Finesse-tydskrif, deel een van haar gunstelingresepte wat sy gereeld in een van haar Argilla-bakke opdis. Klik op die skakel onderaan die resep om een van Argilla se pragtige bakke te wen.
Bestanddele:
- 2 botterskorsies
- 1 pakkie murgpampoentjies
- 4 medium-aartappels
- 1 ui
- 1 pakkie bruinuiesop
- 1 t suiker
- 250 ml water
Metode:
- Sny die groente in blokkies. Plaas dit in ʼn groot ovaal Argilla-oondroosterbak .
- Meng die sop, suiker en water saam en gooi oor die groente.
- Bak in die oond by 180 ˚C vir 60 minute.
Die kompetisie is nou gesluit.
Die geroosterde groente lyk liplek lekker in die Argilla Oonrooster bak.
Asb.! Bruinuiesop is só verlede jaar!
Bak met die deksel op of af?