Suid-Afrika kom op 28 Oktober 2023 te staan teen Nieu-Seeland in die eindstryd van die Rugbywêreldbeker.
Raai die telling en staan die kans om ʼn midweek by ATKV-Oorde en ‘n draagbare osoon-stoomsauna van Global Wellness te wen.
Wat kan jy wen?
ATKV-Midweek
Die leser wat die telling korrek raai, wen ʼn midweek (Sondag 14:00 tot Donderdag 10:00) in ʼn standaard eenheid by een van die ATKV se sewe selfsorgvakansieoorde van sy/haar keuse.
Dié oorde is ATKV-Buffelspoort naby Rustenburg, ATKV-Drakensville aan die voet van die Drakensberge naby Bergville, ATKV-Eiland Spa naby Tzaneen, ATKV-Goudini Spa naby Worcester, ATKV-Hartenbos langs Mosselbaai, ATKV-Klein-Kariba naby Bela Bela en ATKV Natalia by Illovo in KwaZulu-Natal.
Vir meer inligting oor die oorde, klik hier en besoek gerus die webwerf atkvoorde.co.za.
Die prys sluit akkommodasie vir vier persone in. Omdat dit selfsorgoorde is, moet jy self voorsiening maak vir alle etes. Daar is wel restaurant- en winkelfasiliteite indien jy daarvan gebruik wil maak.
Draagbare osoon-stoomsauna
Indien jy as die wenner aangewys word, ontvang jy ook ʼn draagbare osoon-stoomsauna van Global Wellness, met ʼn 1 jaar-waarborg. Dié produk is uniek aan alternatiewe gesondheidstelsels vir die verbetering van akute, chroniese en ernstige siektetoestande, verbeterde suurstofvlakke, bloedsirkulasie en ontgifting (“detox”).
Die eenheid se waarde beloop R14 999.

Inskrywings vir hierdie kompetisie sluit op 27 Oktober 2023.
Raai die telling
Die kompetisie het gesluit.
Bepalings en voorwaardes
- Indien meer as een leser die telling korrek raai, sal ʼn wenner lukraak uit die korrekte inskrywings getrek word.
- Indien niemand die telling korrek raai nie, sal die persoon met die telling, naaste aan die uiteindelike telling, as wenner aangewys word.
- Inskrywings vir hierdie kompetisie sluit op 27 Oktober 2023 om 23:45.
- Die pryse kan nie vir kontant verruil word nie.
- Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
- Maroela Media en die ATKV kan nie aanspreeklikheid aanvaar indien jou inskrywing ons weens enige rede nie betyds bereik nie.
- Die wenner sal telefonies en per e-pos deur Maroela Media gekontak word.
- As jy nie iets van ons hoor nie, kan jy aanvaar dat jy nie een van die wenners was nie.
- Die ATKV-midweek is nie geldig gedurende die skoolvakansie, naweke en oor langnaweke nie.
- Die ATKV-midweek-prys/akkommodasie is geldig tot 28 Februarie 2024.
- Borgskap vir die ATKV-midweek kan nie verleng word nie, en moet in bogemelde periode gebruik word.
- Die ATKV-midweek-prys is nie oordraagbaar/verkoop- of omruilbaar nie. Pryswenner moet identifiseerbaar wees by oord.
- Vervoerkoste na en van die ATKV-oord is vir jou eie rekening.
- Die Global Wellness-osoon-stoomsauna sal deur Global Wellness aan die wenner versend word.
- Maroela Media en Global Wellness kan nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige ongerief, skade of verliese wat jy mag ly indien jy van die osoon-stoomsauna gebruik maak nie.
- Slegs raaiskote wat deur hierdie vorm op die webwerf ingevul word, kom in aanmerking vir die prys. Geen raaiskote op sosiale media word in ag geneem nie.
