Vadersdag-kompetisie: Hier is die wenner

Argieffoto (Foto: Denise Husted/Pixabay)

Hierdie Vadersdag kon ʼn gelukkige Maroela-leser die kans staan om ʼn jagnaweek vir twee te wen na Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm in die Vaalwater-omgewing, ongeveer 230 km buite Pretoria. Verblyf, ʼn ontbyt en ʼn aandete en die jag van een rooibok is by die prys ingesluit.

Nicole  Barkhuizen het dié wonderlike prys vir haar pa, Martin Kriel van Fochville, gewen. Sy vermoed haar pa sal dalk sy kleinseun saam vat op dié opwindende avontuur.

“My pa is die een na wie jy toe gaan as dinge uit mekaar val. Al is dit net ‘n drukkie, ‘n geldjie in die sak of ‘n stewige vasvat, hy weet altyd wat om te doen,” vertel Nicole oor haar pa. “Hy is so lief vir liedjies opmaak, elke oggend is ‘n nuwe lied. Al raak dinge vir hom ook partymaal moeilik en swaar is hy elke dag ons voorbeeld oor hoe om ons koppe hoog te hou en net ons beste te gee. My pa is waarlik een van die mooiste mense.”

Martin gaan dié jagnaweek by Berchtesgaden geniet. Hier is alle geriewe geskep met die een gedagte as prioriteit – almal wat kom kuier moet dit ervaar asof dit ʼn droom is wat waar geword het. Berchtesgaden spog ook met ʼn vierstergradering van JagLekker en ʼn BestValue-toekenning van Afristay.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.