Vadersdag-treintoerkompetisie: ʼn Brief aan my pa

Foto: JB Train Tours

CJ Montgomery kon gister, op Vadersdag, sy pa met ʼn groot verrassing bederf: hy het ʼn heerlike treintoer na KwaZulu-Natal vir sy pa en ʼn metgesel gewen!

Tydens dié kompetisie moes deelnemers ʼn brief aan ʼn pa skryf en vertel waarom hy ʼn inspirasie is en waarom jy graag in sy voetspore sal wil volg.

Só het CJ geskryf:

“My pa is die een wat ons almal op die regte spoor hou en seker maak dat ons nie ʼn stasie in die lewe mis nie, en dat ons elke keer veilig by ons bestemming arriveer!

“Hy is ons trein en ons weet dat ons kaartjies altyd bespreek is en dat ons enige tyd net kan opklim, soms vroeg en soms laat, maar daar is altyd plek. Ons weet dat ons partykeer bietjie van die spoor af is, maar ons ‘trein’ kry en hou ons weer op koers!

“Ons geniet ons rit in gemak, want weet met my pa in beheer, is daar niks te vrees nie. Hopelik kan hy hierdie keer bietjie terugsit en ook net saamry!”

CJ se pa wen ʼn drie dag lange naweek-wegbreek trein-en-vliegtuigrit vir twee persone. Die prys word geborg deur JB Train Tours en die kontantwaarde van die prys is R7 100. Dit is ʼn kort en veilige treinrit en bied die geleentheid om Durban te besoek en die warm water van die Indiese Oseaan te geniet!

Jy kan ook dié die nostalgie herleef wanneer jy saam met JB Train Tours deur bergpasse en tonnels ry. In Durban kan jy die Marine Parade, uShaka Marine World-akwarium, Mini Town, die strand en winkeltjies besoek. Jy vertrek Vrydagaand uit Johannesburg en kom Saterdagoggend in Durban aan. Akkommodasie in Durban is in ʼn goeie hotel naby die strand op die “Goue Myl”. Die trein ry van Johannesburg via Heidelberg, Standerton, Newcastle, Ladysmith en Pietermartizburg tot in Durban. Jy keer die Sondagmiddag per vliegtuig van Durban-lughawe terug na Johannesburg. Bespreek nou jou plek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

wielie ·

Dis wraggies n pragtige brief jongman! Hoop julle geniet die treinrit ,,,,,,,,,,, dit is heerlik om net te sit en te ontspan en by die venster te kyk hoe die landskap verby gaan. Ons was op die trein na Kaapstad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.