Wees deel van die JouStorie-radiodrama!

JouStorieDaar was Die Du Plooys van Soetmelksvlei, Wolwedans in die skemer, Groblerspruit, Vuurvreters en selfs die lawwe avonture van Staal Burger. Min dinge dra soveel nostalgie soos ʼn radiodrama en die middae vasgenael voor ʼn draadloos.

Kom wees deel van ʼn splinternuwe radiodrama! Jy kan van naby sien hoe dinge in die ateljee werk, saam met van die akteurs kuier, saam help skryf aan die storie en selfs ‘n karakter se naam kies! Raak betrokke by #JouStorie en jy kan dalk ‘n bootreis wen! Kyk bietjie hier en lees meer onderaan die video:

Word deel van die storie

Skryf saam met ons

Maroela Media is al jare lank baie nou betrokke by gemeenskapsradiostasies en sedert 2012 bied ons elke jaar gratis ʼn radiodrama aan dié stasies. Die radiodramas word vervaardig in samewerking met die bekroonde Bettie Kemp en ʼn span gesoute akteurs. Hierdie jaar nooi ons jou om saam met ons te skryf aan ʼn splinternuwe radiodrama.

Dit werk só: Gaan klik “like” op ons JouStorie-Facebook-blad. Ons gaan gereeld op dié blad vir jou vrae vra, jou toelaat om voorstelle te maak, meer leer van die karakters en die skrywer gaan self vir jou die geleentheid gee om ʼn gedeelte van die verhaal te bepaal! Wees deel van dié opwindende veldtog en help ons om belangrike besluite te neem oor die radiodrama.

Help om die radiodrama te laat realiseer

Die kostes om ʼn radiodrama te vervaardig is baie hoog en ons het jou hulp nodig om seker te maak #JouStorie word uitgesaai! Jy het nou die geleentheid om op verskeie maniere deel van hierdie radiodrama te wees: jy kan saam met die akteurs kuier tydens ʼn opname, saam met ʼn bekende aan huis kuier terwyl hy vir jou ʼn ete kook, jy kan ʼn karakter se naam kies, ʼn episode borg of selfs jou onderneming se naam in die storie bemark.

Almal wat boonop aan Maroela Media se #JouStorie-veldtog deelneem en ʼn finansiële bydrae maak, word outomaties ingeskryf vir die kans om ʼn bootreis ter waarde van R20 000 te wen op die MSC Musica (bepalings en voorwaardes geld).

joustorie-radiodrama-bootreis

Word deel van die storie

Hoekom moet jy betrokke raak?

Ons wil meer as net ʼn radiovervolgverhaal skep … ons wil jou deel maak van die karakters, die storie en die groter projek. Hoe dan nou anders met ʼn wenresep: uit die gemeenskap vir die gemeenskap.

Jy help nie net met ʼn storie nie, jy help om Afrikaans se voortbestaan te verseker!

Só raak jy betrokke

Jou skenking, hoe klein of hoe groot, maak ʼn reuseverskil en dra by tot die voortbestaan van Afrikaanse radiodramas.

  • R200: Ontvang Vuurvreters in MP3-formaat
  • R300: Ontvang Vuurvreters en #JouStorie in MP3-formaat
  • R750: Maak ʼn keuse namens ʼn karakter (slegs 10 geleenthede beskikbaar)
  • R1 000: Woon ʼn opname by en geniet ʼn middagete saam met die akteurs by Maroela Media se kantoor in Pretoria (2 x mense, slegs 3 geleenthede beskikbaar)
  • R1 500: Kies ʼn karakter se naam (slegs 5 geleenthede beskikbaar)
  • R2 500: Geniet ʼn ete saam met Lochner de Kock wat hy self voorberei het (slegs 2 geleenthede beskikbaar in Gauteng)
  • R4 500: Borg ʼn episode (individue): die persoon sal voor en na die episode bedank word (slegs 120 geleenthede beskikbaar)
  • R5 500: Jou onderneming se naam word in ʼn episode bygewerk (bepalings en voorwaardes geld – slegs 12 geleenthede beskikbaar)
  • R7 000: Jou onderneming se advertensie word voor en na ʼn episode gespeel (bepalings en voorwaardes geld – slegs 120 geleenthede beskikbaar)
  • Borg die reeks – R100 000: Ontvang ʼn blootstellingspakket van ongeveer R900 000 (2 geleenthede beskikbaar)

Word deel van die storie

Bepalings en voorwaardes

Algemeen

  • Deelnemers moet 18 jaar of ouer wees.
  • Indien Maroela Media nie die volle bedrag van R500 000 insamel nie, behou Maroela Media die reg voor om ʼn korter vervolgverhaal, met die fondse wat ingesamel is, te vervaardig.
  • Indien Maroela Media meer as R500 000 insamel, behou Maroela Media die reg voor om óf ʼn langer radiodrama te vervaardig met die fondse óf om ʼn gedeelte van die geld vir ʼn volgende radiodrama aan te wend.
  • Maroela Media se bankbesonderhede sal slegs met spesiale vergunning verskaf word. Stuur ‘n e-pos aan Eugene Lottering.
  • Indien ʼn bedrag van minder as R150 000 ingesamel word sal die gelde wat jy met Thundafund geskenk het aan jou terugbetaal word minus die bankkoste wat daarop betrekking het.
  • Gelde wat per elektroniese oorbetaling geskenk word, sal aangewend word vir 2019 se radiodrama indien JouStorie nie sy teiken behaal nie.
  • Indien jy ʼn karakter benoem of ‘n keuse namens ‘n karakter gemaak het wat nie kan realiseer nie, sal ʼn ekwivalent van dieselfde waarde in die radiodrama bepaal word.
  • Indien jy ʼn advertensie vir ʼn onderneming in die radiovervolgverhaal koop en dit nie uitvoerbaar is nie, sal ʼn ekwivalent van dieselfde waarde in die radiodrama bepaal word.
  • Indien jy ʼn borg is en daar nie genoeg fondse ingesamel word om ʼn volledige 120 episode-radiovervolgverhaal te vervaardig nie, sal markblootstelling van dieselfde waarde aan jou gebied word.
  • Die hoeveelheid radiostasies waarop die radiovervolgverhaal uitgesaai word, kan nie gewaarborg word nie.
  • Die hoeveelheid luisteraars is geensins gewaarborg nie.
  • Die presiese blootstellingswaarde is geensins gewaarborg nie.
  • Maroela Media behou die reg voor om borgskappe van hand te wys indien dit teenstrydig is met ons beleid of waardes.
  • Borge en skenkings kan nie onttrek word ná dit geskenk is nie.
  • Borge en skenkers het geen inspraak oor die rolspelers of akteurs in die radiovervolgverhaal nie.
  • Die storielyn word hoofsaaklik deur die skrywer bepaal met insae van die publiek, maar Maroela Media is glad nie verantwoordelik daarvoor om elke voorstel te implementeer nie.
  • Vervoer en verblyf vir die besoek aan Maroela se ateljee en die ete saam met Lochner de Kock is vir jou eie sak.
  • Wanneer jy ʼn skenking maak en jou beloning bepaal dat jy ʼn opname in die Maroela Media-ateljee bywoon, verbeur jy ongelukkig die beloning as jy nie op die betrokke dag en tyd die opname kan bywoon nie.
  • Alle skenkings is vrywillig en ondersteun die Afrikaanse radiovervolgverhaalkultuur.
  • Stuur enige vrae en voorstelle per e-pos aan Eugene Lottering.
  • Indien jy die volledige radiodrama wil borg, kan jy ʼn e-pos stuur aan Christo Brits.

Thundafund

  • Transaksies word op thundafund.com voltooi.
  • Maroela Media kan nie aanspreeklik gehou word vir enige ongerymdhede of foute met Thundafund se werking nie.
  • Lees hier vir meer inligting oor wie Thundafund is en hoe dit werk.

Bootreis

  • Die bootreis word slegs toegeken indien die teiken van R500 000 ingesamel word.
  • Die bootreis kan gewen word deur enigeen wat ʼn finansiële bydrae maak tot die projek, en die waarde van jou skenking het glad nie ʼn invloed op die besluit nie.
  • Die wenner sal deur middel van ʼn gelukkige trekking bepaal word na afloop van die fondsinsameling.
  • Die beoordeelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie oor dispute sal gevoer word nie.
  • Enige uitgawes tydens die bootreis, insluitend vervoer na en van die betrokke hawe, versekering, drankies, ekskursies ensovoorts is vir die wenner se eie rekening.
  • Die datums van die bootreis sal met die wenner gekoördineer word.
  • Die bootreis sal slegs ʼn plaaslike reis wees met ʼn maksimum van drie nagte aan boord.
  • Die prys kan nie vir kontant geruil word nie.

Vertroulikheidsbeleid

  • Wanneer jy ʼn skenking maak by een van die radiostasies deur middel van die SMS- of telefoonlyn of op enige ander manier, gee jy Maroela Media die toestemming om jou inligting te bekom, te stoor en jou te kontak vir die invordering van die skenking. Die inligting sal veilig en vertroulik gehou word en is slegs vir Maroela Media se gebruik.

Word deel van die storie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.