Wen: Brooklyn-teater vier Debussy se musiek

Christopher Duigan (Foto verskaf)

Die Suid-Afrikaanse pianis Christopher Duigan ontgin juwele uit die skatkis van die Franse komponis Claude Debussy tydens die honderdste herdenking van sy dood op 25 Maart 1918 in Parys.

Dit sluit in ‘Clair de lune’ (Maanlig), ‘Rêflections dans l’eau’ (Weerkaatsings in die water), ‘La fille aux cheveaux de lin’ (Die meisie met die vlasblonde hare), ‘Arabesque No 1’, ‘Reverie’ (Droom) en ‘La Cathédrale engloutie (Die versonke katedraal).

Debussy se musiek is atmosferies en subtiel gedemp en weerspieël die wêreld rondom hom. Klankskilderye van water en sneeu, herinneringe aan Spaanse en gewilde musiek tot klanke uit die Verre-Ooste en antieke tye skep ’n towerwêreld van klank.

Die vertoning word op Saterdag 23 Junie om 18:00 en Sondag 24 Junie om 11:00 in die Brooklyn-teater in Pretoria uitgevoer.

WEN: Ses gelukkige lesers staan elkeen die kans om ʼn dubbelkaartjie te wen na die vertoning op Saterdag 23 Junie en Sondag 24 Junie (drie dubbelkaartjies vir Saterdag en drie dubbelkaartjies vir Sondag is beskikbaar). Die uitvoering vind by die Brooklyn-teater in Pretoria plaas.

Vul die vorm onderstaande vorm in en beantwoord die vraag om deel te neem.

Wenners sal per e-pos in kennis gestel word. Hierdie kompetisie het om 10:00 op Donderdag 21 Junie gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.