Wen: ‘Die Towerfluit’ by die Brooklyn-teater

die towerfluit

(Foto: Verskaf)

Die Brooklyn-teater het homself oor die afgelope agt jaar deeglik gevestig as ʼn leidende opera-venue in Suid-Afrika. Plaaslike en internasionale operasangers vind hier, in stylvolle produksies, hul voete op die planke.

Die 2017 Salon Music-produksie van La Traviata (Verdi) met ses uitverkoopte sale was ʼn ongeëwenaarde triomf. Drie verskillende produksies van Die Towerfluit is reeds by die Brooklyn-teater aangebied en dit word nou opgevolg met nog ʼn splinternuwe produksie.

Die Towerfluit is voorgeskryf as matriekvakmusiek en is die ideale werk om jong mense bekend te stel aan die wonderwêreld van opera. Daar is tydlose melodieë en ʼn mengsel van komiese en ernstige elemente wat hierdie opera so plesierig maak om te beleef.

Die Towerfluit is ʼn nuwe produksie van die tydlose meesterwerk deur Mozart. Tinus Spies is die verhoogregisseur en Schalk van der Merwe is die dirigent.

WEN: Drie gelukkige lesers kan elk ’n dubbelkaartjie wen na die vertoning van Die Towerfluit op Dinsdag 23 Januarie by die Brooklyn-teater in Pretoria, en nóg drie staan die kans om kaartjies te wen vir die vertoning op Donderdag 25 Januarie. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, woonadres en antwoord na [email protected], en beantwoord die volgende vraag: Wie het Die Towerfluit gekomponeer? Die kompetisie sluit Donderdag 18 Januarie. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie is gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.