Wen: Is jou ma ʼn superma?

Het jou ma supersoniese gehoor om te weet wanneer die kinders met kattekwaad besig is? Het sy oë agter haar kop wat kan sien wat op die agtersitplek van die motor gebeur? Is sy so besig om altyd haar gesin en ander mense te help dat jy soms wonder of sy dalk meer as twee arms het? Is haar liefde só onvoorwaardelik dat jy soms wonder of haar hart so groot soos ʼn passasierskip is? Dan moet jy haar vir dié spesiale Moedersdag-kompetisie inskryf! (Onthou, Moedersdag is om die draai op 13 Mei 2018!)

Wat kan die superma wen?

Die eerste prys is ʼn fotosessie vir ʼn gesin ter waarde van R3 000 by ʼn professionele fotograaf in jou dorp of stad (lees die bepalings en voorwaardes hier onder vir meer inligting).
Die tweede prys is ʼn baie spesiale gebedskussing en ʼn paar boeke met Christelike leesstof.
Die derde prys is ʼn paar boeke en CD’s met Christelike inhoud.

Inskrywings sluit Vrydag, 11 Mei 2018.

Wat moet jy doen?

Vertel vir ons wat maak van jóú ma/vrou/dogter ʼn superma – en stuur gerus sommer ook ʼn foto sodat ons kan sien hoe lyk al hierdie supermammas!

Oops! We could not locate your form.

Bepalings en voorwaardes

  • Enigiemand kan aan die kompetisie deelneem, maar as jy inskryf, gee jy toestemming dat ons jou inskrywing en die opsionele foto op Maroela Media se webwerf en sosialemediakanale mag deel.
  • Genomineerde superma’s moet in Suid-Afrika bly.
  • Maroela Media sal nie jou of die wenner se persoonlike kontakbesonderhede met enige derde party deel nie, dit is slegs vir Maroela Media se gebruik.
  • Inskrywings sluit op Vrydag, 11 Mei 2018
  • Wenners sal deur die loop van die week van 14 – 18 Mei 2018 op Maroela Media aangekondig word en persoonlik gekontak word. As jy nie iets van ons hoor nie, kan jy aanvaar dat jy nie een van die wenners was nie.
  • Die eerste prys is ʼn fotosessie by ʼn professionele fotograaf in jou dorp of stad, of in ʼn groot dorp of stad naby jou indien daar nie ʼn fotograaf in jou eie dorp is nie. Sodra die superma as wenner aangekondig is, sal Maroela Media met haar in verbinding tree en ons sal dan bepaal wie die fotograaf sal wees en hoe ons die pakket gaan saamstel, na gelang van die wenner se behoeftes. Die totale pakket (neem van die foto’s en enige moontlike drukwerk of verdere ontwerp) beloop R3 000.
  • Die wenner moet self besluit wie op die foto gaan verskyn en moet self die gesin/familielede van haar keuse bymekaar kry en die geleentheid reël in haar dorp/stad. Die wenner hoef nie self op die foto’s te verskyn nie, dit kan ook net haar gesin of familielede wees.
  • Enige foto’s wat tydens die fotosessie geneem word, mag deur Maroela Media op die webwerf gepubliseer word.
  • Die koste vir die fotosessie sluit nie enige addisionele stilering of spesiale grimering of kleredrag in nie. Dit is slegs vir die neem van die foto’s en moontlike drukwerk.
  • Maroela Media sal die tweedeprys- en derdepryswenners kontak en ʼn adres kry waar die pryse per koerier afgelewer kan word.
  • Nie een van die pryse kan vir kontant geruil word nie.
  • Die pryse is nie oordraagbaar nie.
  • Maroela Media se besluit oor die wenners is finaal en daar sal geen verdere korrespondensie daaroor gevoer word nie.

Lekker, Maroela!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.