Wen kaartjies na buite-ekspo in Hartenbos

André de Villiers van die kykNET-program André 4×4. (Foto: Verskaf)

Vier gelukkige Maroela Media-lesers kan elk vier kaartjies na die Suid-Kaapse kykNET Buite Ekspo wen. Dié ekspo word tussen 29 September en 1 Oktober in Hartenbos by die ATKV-vakansieoord aangebied word.

Dié unieke ekspo is sedert 2011 ʼn hoogtepunt op kampeerders se kalender en vind jaarliks met groot sukses by die Sondela Natuurreservaat in Limpopo en die Môreson Plaas net buite Malmesbury plaas. Dit is egter die eerste keer wat Suid-Kapenaars ook in dié pret kan deel.

Die kykNET Buite Ekspo is ook een van die grootste ekspo’s van sy soort in Suid-Afrika en bied iets vir elke sak en smaak, of jy nou op soek is na jou eerste intreevlak eenmantent, of wil opgradeer na ʼn luukse woonwa.

Anders as winkels bied dié ekspo die geleentheid vir kopers om produkte te sien en te ervaar soos wat dit werklik in die natuur gebruik sou word danksy die veilige atmosfeer waarin dit plaasvind.

Omdat dit tydens die skoolvakansie aangebied word, is daar pret en vermaak om die hele gesin besig te hou: van kindervermaak, ʼn pretpark, snuffelmark en kosstalletjies tot 4×4-hindernisritte saam met André de Villiers van die kykNET-program, André 4×4.

Dié pragtige Kaapse kuslyn kan ook uit die lug geniet word danksy Mosselbaai Helikopters wat helikopterritte aanbied.

Hoewel dit nie ʼn musiekfees is nie, sal puik kunstenaars soos Neels Moir, Landman, Soné Joubert, Rooies, Blackie Swart, Desmond Wells, Johan Liebenberg, David Fourie, Rooiwyn Profeet en Dewald Dippenaar danksy ʼn borgskap van Hankook Tyres vir heerlike musikale vermaak sorg.

Jimmy’s Steakhouse bied verder ʼn potjiekoskompetisie aan waar die publiek dinge teen bekende gesigte van die kykNET-kanaal kan kom uitspook.

GT Camper in samewerking met Trio Events bied vir ʼn tweede keer vanjaar ʼn kykNET Buite Ekspo-gholfdag aan, dié keer by die immergewilde Pinnacle Point-gholflandgoed in Mosselbaai.

Dit vind op 27 September in aanloop tot die ekspo plaas. Borge en spelers wat belangstel kan ʼn e-pos na [email protected] stuur.

  • Spesiale kampering- en “glamping”’-pakkette is ook beskikbaar vir die naweek en kan bespreek word by Delmaine by [email protected].
  • Enige uitstallersnavrae kan gerig word aan Tersia by [email protected] of skakel haar direk by 072 487 0000.

Wen

Vier gelukkige gesinne (van vier lede elk) staan die kans om dagbesoekerskaartjies vir die kykNET Buite Ekspo te wen. Die kompetisie sluit Sondag 24 September om 23:45 en die wenners sal per e-pos of telefonies in kennis gestel word.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit Sondag 24 September om 23:45.
  • Wenners sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media met die wenners in verbinding sal tree.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die prys sluit sleg toegang na die ekspo in. Wenners is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.
  • Deelnemers moet in Suid-Afrika woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.