WEN kaartjies na die ‘Stroomop’-première in Vanderbijlpark

Wen kaartjies na die avontuurfliek Stroomop se première Donderdagaand, 2 Augustus in Vanderbijlpark. Dis die ideale geleentheid vir jou en ʼn paar van jou vriendinne!

Stroomop gaan oor lewe en dood. Dit is ʼn verhaal van vyf vroue wat op die Oranjerivier moet veg teen die dood om hulleself te herontdek, te vergewe, en te aanvaar om werklik genesing te beleef en vriendskap te vind.

Donnalee Roberts, Armand Aucamp en Simoné Nortmann is onder andere in die hoofrolle te sien.

Die verhaal speel af op die Oranjerivier in die Noord-Kaap en Ivan Botha, bekend vir sy rolle in die Bakgat-reeks en gewilde Afrikaanse rolprente soos Pad na jou hart en Vir altyd, staan aan die stuur van die fliek as regisseur.

Roberts, wat saam met Botha en Danie Bester van The Film Factory verantwoordelik is vir die vervaardiging, vertolk die rol van Lana, ʼn uitstekende sjirurg wat haar hele lewe aan haar werk wy. ʼn Traumatiese ervaring uit haar kinderjare bly by haar spook en sy gebruik haar werk om te skuil van die wrede werklikheid in haar lewe.

Teësinnig word Lana deel van ʼn selfhelpgroep, waar stukkende vroue weekliks byeenkom in ʼn desperate poging om hulle lewe aanmekaar te hou.

Hier ontmoet Lana vir Vivian (Simoné Nortmann), Adrie (Chanelle de Jager), Diona (Ilse Klink) en Nixie (Carla Classen). Die groepterapie slaag nie daarin om die vroue se mure af te breek nie en avontuurterapie word deur die selfhelpgroep voorgeskryf.

Voor die vyf vroue hulle oë kan uitvee, bevind hulle hulself op ʼn roeiboot op die Oranjerivier, waar die besige stadslewe verruil word vir ʼn wêreld só verlate en ongenaakbaar dat dit die geraas wat ook binne-in elke vrou woed, stil laat word. Onderlangse wrywing tussen die vroue lei tot ʼn ongeluk op die rivier en in ʼn spanningsvolle oomblik word die gids, Guy (Armand Aucamp), en die vroue van die roeiboot afgegooi, meegesleur in die gemaal en verdwyn hulle in die onstuimige water.

Guy raak weg en moet veg vir sy lewe. Hy voel magteloos en kan slegs hoop dat die vroue sal oorleef, maar veral dat hulle hulself én mekaar sal vind.

Stroomop word amptelik op Vrouedag, 9 Augustus, landwyd in fliekteaters bekendgestel.

Wil jy graag kaartjies wen?
Vul die vorm in. Inskrywings sluit Woensdagoggend 1 Augustus om 08:00.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.