Wen: Kuier saam met Monark in Blou Hond


Monark (Foto: Facebook)

Monark (Foto: Facebook)

Die alternatiewe-musiekgroep Monark tree Donderdag (28 Julie) by Die Blou Hond-teater in Pretoria op in ʼn akoestiese konsert wat jy kwalik weer te sien gaan kry en Maroela Media gee ʼn dubbelkaartjie vir een gelukkige leser weg.

Eugene Coetzer, Ewald Jansen van Rensburg, Deon de Klerk en Graeme Wuth het in 2013 met die groep begin en Monark maak groot golwe in die musiekbedryf met gewilde liedjies soos “Smiling” en “Build it Up”.

Die groep se Engelse album, Negatives, het die no. 1-posisie op iTunes se treffersparade beklee.

Eugene het aan Maroela Media vertel aanhangers kan uitsien na ʼn “egte Monark”-konsert. “Ons hele missie is om net goeie musiek te maak, daarom werk ons so hard aan die liedjies. Ons wil hê mense moet hulle net oorgee en ons musiek ervaar, dieselfde as wat ons voel wanneer ons die musiek skep.

“Ons voel geëerd om in Die Blou Hond te kan speel. Mense kan uitsien na ʼn intieme konsert sonder afstand tussen ons en die gehoor. Ons wil net lekker musiek maak en hê die mense moet dit geniet,” het hy gesê.

Indien jy nie een van die gelukkige wenners is nie, kan jy jou kaartjies bespreek op Casa Toscana se webwerf. Kaartjies kos R300 per persoon en sluit ʼn drankie en iets om te kou in. Die deure open om 18:00 en die konsert begin om 20:00.

Besoek Monark se Facebook-blad en webwerf vir meer inligting.

WEN: Om in te skryf vir die kompetisie, stuur jou naam, van, kontaknommer, en jou antwoord op die volgende vraag na [email protected]: Noem een van Monark se gewildste treffers. Die kompetisie sluit Woensdag om 12:00. Wenners word per e-pos in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.