Wen: Word meegevoer op ʼn droomreis

 GROOTBOOT-2019-800-x-800-04.jpgAs ʼn bootreis op jou wenslysie is, kan dit nou ʼn werklikheid word. Jy hoef nie meer net te droom oor die strande van die Portugese Eilande met sy louwarm, golflose water nie. Jy hoef nie te wens vir ʼn dag dat jy nie eens jou bed hoef op te maak nie. En skielik is selfs kos maak nie ʼn probleem nie, want op die splinternuwe MSC Musica word elke ete voorgesit deur wêreldgehalte kokke.

Maak werk van jou drome en skryf in vir Maroela Media se weeklikse kompetisie. Elke week kry jy die kans om nog ʼn keer in te skryf wat jou kanse om te wen net vermeerder.

Afrikaans is die taal waarin jy gaan reis saam met GROOTfm, GROOTontbyt en verskeie kunstenaars na die Portugese Eilande. Die Ecsponent GROOTboot 2019 vaar van 15 tot 18 Februarie vanaf Durbanhawe na die Portugese Eilande en terug.

Die gaskunstenaars wat saamvaar en gaan sorg vir hope vermaak, is Robbie Wessels en Appel. Maar dit is nie al nie, jy kry ook die geleentheid om heerlik saam met Johrné van Huyssteen, Lindie Strydom, Elsa Esterhuizen en Ruben Delmage te kuier.

Die splinternuwe MSC Musica

Die splinternuwe Musica vertrek vanaf Durban op 15 Februarie 2019, met vele vertonings om jou geliefde se voete heelnaweek onder hom of haar uit te slaan. Daar is iets vir almal op die boot. As jy net wil kuier, het jy die geleentheid om te kuier tot die son opkom. As jy wil rus, kan jy heerlik langs die swembad ontspan terwyl jy rustig ʼn boek lees. Iets waarvoor niemand meer tyd het nie!

Wen dalk dié bootreis ter waarde van R18 000!

Om in te skryf is maklik. Beantwoord elke week ʼn vraag in Maroela Media se Virseker Trust-artikels wat weekliks gaan verskyn van 3 September tot die week van 19 November. Daar gaan oor dié 12 weke elke week ʼn artikel verskyn waarby daar ʼn vraag gaan wees wat beantwoord moet word. As jy slegs een week se vraag beantwoord, het jy een kans om te wen. Sou jy egter elke week se vraag beantwoord, staan jy 12 kanse om te wen. Sou jy ʼn week se vraag misgeloop het, kan jy altyd teruggaan na daardie week se artikel en die vraag beantwoord. Die 12 inskrywings moet Maroela Media bereik voor 23 November.

Die artikels met inskrywingsvorms:

Die sluitingsdatum is Vrydag 23 November. Die wenners sal 26 November aangekondig word.

Vir meer inligting aangaande die Ecsponent GROOTboot 2019 besoek die Grootboot se webblad.

Bepalings en voorwaardes

  1. Die bootreis vind plaas van 15-18 Februarie 2019 as deel van die Ecsponent GROOTboot 2019 -bootreis op die MSC Musica na die Portugese Eilande.
  2. Die prys kan nie vir ʼn ander bootreis met ʼn ander datum omgeruil word nie.
  3. Die prys sluit die volgende in: ʼn bootreis vir twee, met verblyf in ʼn kajuit met ʼn see-uitsig en balkon, hawebelasting, versekering en alle Groot FM- en Groot Ontbyt-vermaak.
  4. Die prys sluit die volgende uit: vervoer van en na Durban en die Durbanhawe, persoonlike items, drankies, wasgoed, telefoonoproepe, diensfooitjies, sakgeld en ander uitgawes op die bootreis wat nie hierbo gespesifiseer is nie.
  5. Geen persoon onder die ouderdom van 18 sal in aanmerking kom vir die bootreis nie.
  6. Die wenner van die bootreis en sy/haar metgesel moet ʼn geldige paspoort hê of oor ʼn tydelike een beskik.
  7. Die prys kan nie omgeruil word vir kontant nie.
  8. Die prys is nie oordraagbaar nie.
  9. Persone 71 jaar en ouer moet ʼn mediese sertifikaat hê wat bevestig dat hulle mag reis.
  10. Persone wat 23 weke of meer swanger is, kan nie in aanmerking kom vir die bootreis nie.
  11. In die geval van bepaling 9 en 10 hierbo is die prys wel oordraagbaar indien die pryswenner binne 24 uur nadat hy/sy in kennis gestel is dat hy/sy die prys gewen het, die volledige inligting van die persoon na wie die prys oorgedra word, aan Maroela Media en die reisagent verskaf.
  12. Volledige bepalings, voorwaardes en ander reëlings rakende die bootreis kan gelees word op die GROOTboot-bootvaartbladsy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.