Wen: Laat jou sintuie feesvier by Proe’toria

(Foto: Verskaf))

Lekker musiek, smaaklike kos, goeie wyn en oulike kindervermaak word gekombineer by ʼn gewilde kuierplek in Pretoria om die derde jaarlike Proe’toria te hou. Proe’toria beloof om  ʼn buitelug-feesdag te wees wat die sintuie sal bederf, en oud en jonk sal geniet.

Dié feestelikheid word op 25 Augustus 2018 by die kuierplek Weiveld gehou. Leon Pheiffer, stigter van die fees, het gesê dit is beslis nie ʼn geleentheid wat jy wil misloop nie.

“Ons beplan om vir oud en jonk ’n onvergeetlike ervaring te skep. Dié fees gaan nie net aan feesgangers stalletjies met die beste kos, wyn en drankies in die land bied om van te proe en te koop nie, maar ook die mooiste kunswerke, ’n speelpark om die jongspan gelukkig te hou, en optredes deur van die beste musikante in die bedryf,” het hy gesê.

“Spesifieke sangers is vir die geleentheid gekies omdat hulle weet hoe om ’n fees aan die gang te kry en aan die gang te hou. Hulle gaan definitief die dag vir elke bywoner die moeite werd maak met van hulle grootste treffers.”

Die publiek kan daarna uitsien om gedurende die dag vermaak te word deur bekendes soos Elvis Blue, Touch of Class, Nadine, Leah, Tussen Sterre, Spoegwolf en meer.

Elvis Blue (Foto: Maroela Media)

Buiten vir die musiek, sal daar meer as 120 buitelugstalletjies met kos, wyn, kuns en kunsbier wees van verskaffers, uitstallers en wynplase om van te kies, en sal die kinders besig gehou word met ’n opwindende speelpark en ander oulike vermaak.

Deur deel te wees van dié spesiale dag, doen jy ook jou deel vir liefdadigheid, omdat van die fondse op dié dag geskenk sal word om Caring Daisies te help met die werk wat hulle vir minderbevoorregtes doen.

Vir meer inligting oor die fees, besoek hul Facebook-blad hier.

Wen

Een gelukkige Maroela Media-leser kan ʼn dubbelkaartjie na Proe’toria toe wen. Om in te skryf: Stuur die woord Proe’toria, jou naam, van en kontaknommer na [email protected] voor 13 Augustus 2018.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.