Wen: Maak jou leefruimte jou eie

(Foto: verskaf)

“Huis is nie net waar ons woon nie, maar ook waar ons feesvier, ontspan, uitrus, leer, onderrig, werk, beweeg en soveel meer.”

Só sê Hestelle Robinson, uitvoerende hoof van Homemakers, die organisasie wat binnekort ’n reuse-uitstalling van huisgeriewe by die Kyalami Grand Prix-baan en Internasionale Konferensiesentrum ten toon gaan stel.

Ná ’n twee jaar lange onderbreking, sal die Johannesburg Homemakers-uitstalling van 24 tot 26 Maart in volle swang terugkeer.

Die uitstalling sal opnuut op die omskepping van ’n huis in ’n tuiste fokus. Die omvattende uitstalling sal tophandelsmerke en plaaslike vakmanskap onder een dak uitstal.

Die nuutste in huisverbetering en -dienste, dekor, kombuise, toebehore, doen-dit-self-tendense, buitelug-stokperdjies, gesondheid, plaaslik vervaardigde keramiek, kuns, mode, skoonheid, reis en avontuur sal alles tydens die 28ste Homemakers-uitstalling te siene wees.

(Foto: verskaf)

Ambagslui en multinasionale bedryfsleiers sal die nuutste produkte en neigings deur gevestigde, professionele mense in hul onderskeie velde uitstal.

“Die 2023 Johannesburg Homemakers Fair beloof om in al jou behoeftes te voorsien. Die afgelope twee jaar het die onmeetbare waarde van aangesig-tot-aangesig bemarking bewys,” sê Hestelle.

Die nuwe tuiste vir die uitstalling maak voorsiening vir ’n wye reeks aktiwiteite waarby elke lid in die gesin aanklank sal vind.

Diegene wat in mode en skoonheid belangstel sal skouers met ontwerpers en skeppers van moderne produkte skuur. Plaaslike handgemaakte skoonheidsprodukte, juweliersware en bykomstighede sal ook by die uitstalling te siene en te koop wees.

Varsgemaakte straatkos, plaaslike disse en ’n verskeidenheid versnaperinge sal te koop wees om te geniet terwyl daar deur die uitstalling rondgesnuffel word.

Wonderlike uitsigte, ’n heerlike uitstalling-ervaring en genoegsame parkeerplek wag op besoekers aan die 28ste Johannesburg Homemakers-uitstalling.

Algemene inligting

Datum: 24 tot 26 Maart 2023

Tye

  • Vrydag van10:00 tot 18:00
  • Saterdag en Sondag van 09:00 tot 18:00

Toegang

  • Volwassenes: R120
  • Pensioenarisse: R60
  • Skoliere: R20
  • Parkering: R20

Plek: Kyalami Grand Prix-baan en Internasionale Konferensiesentrum, hoek van R55 en Allandalestraat, Kyalami Estate, Midrand.

Vir meer inligting besoek hierdie webwerf of skakel 086 111 4663 of stuur ʼn e-pos na [email protected].

Wen!

Twintig gelukkige Maroela Media-lesers staan die kans om elk ’n stel dubbelkaartjies vir die uitstalling te wen.

Al wat jy hoef te doen is om die kompetisievorm hieronder in te vul.

Die sluitingsdatum is Vrydag 10 Maart om 12:00.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit op Vrydag 10 Maart om 12:00.
  • Die uitstalling vind van 24 tot 26 Maart by die Kyalami Grand Prix-baan en Internasionale Konferensiesentrum in Midrand plaas.
  • ’n Wenner sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media per e-pos en/of telefonies met die wenner in verbinding sal tree.
  • Die wenner sal ook op Maroela Media bekend gemaak word.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die wenner is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.