Wen ʼn halfdag spa-bederf in Pretoria

CSpa Wellness at The Blyde

Een gelukkige Maroela Media-leser staan die kans om ‘n halfdag spa-bederf te wen by CSpa Wellness at The Blyde en jy kan jou metgesel saamvat.

CSpa Wellness at The Blyde is geleë in die ooste van Pretoria by Balwin Properties se nuwe The Blyde-huisontwikkeling. Die spa is geleë in die ontspanningsarea van The Blyde tussen die restaurant, gimnasium en mensgemaakte strandmeer.

Die wenner en sy/haar metgesel word uitstekende bederf gewaarborg en die halfdag spa-pakket sluit ‘n 60 minute-gesigbehandeling, 60 minute-voetbehandeling en ‘n 60 minute- volle lyfmassering in. Tydens die behandelings sal die wenners ook lekker kan smul aan versnaperinge.

CSpa Wellness at The Blyde is ‘n volledig toegeruste spa met vriendelike personeel wat sal seker maak dat jy nie net ontspan nie maar ook dat jou liggaam die beste behandeling kry om jou welstand ‘n hupstoot te gee.

Wen

Voltooi jou besonderhede in die onderstaande vorm en vertel ons waarom jy só halfdag spa-bederf nodig het.

Inskrywings vir die kompetisie sluit op 20 Oktober 2019.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes:

  • Spa-besprekings is onderhewig aan beskikbaarheid by CSpa Wellness at The Blyde.
  • Die wenner moet binne ses maande van die aanbod gebruik maak.
  • Die prys kan nie vir kontant verruil word nie.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Indien jy vir hierdie kompetisie inskryf, bevestig jy dat jy nie aan enige mediese toestand ly of enige allergieë het wat vererger kan word deur die behandelings nie.
  • Die wenner van die prys en sy/haar metgesel aanvaar dit op sy/haar eie risiko.
  • Die prys word aangebied deur CSpa Wellness at The Blyde. Maroela Media aanvaar nie enige aanspreeklikheid vir enige ongerief of skade wat mag spruit uit die behandelingsessies nie.
  • Vervoer na en van CSpa Wellness at The Blyde is nie ingesluit nie.
  • Die kompetisie sluit op 20 Oktober 2019 om 23:45.

Kontak CSpa Wellness at The Blyde:
Facebook
Webwerf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.