Wen ʼn mooimaaksessie vir ma!

Ken jy ʼn besonderse ma? Iemand wat altyd daar is om te help, om ʼn skouer te bied om op te huil, of om die laaste paar woorde van motivering na jou kant toe te fluister. Iemand wat hard kan werk, lekker kan kosmaak, en dan boonop die hele familie aan die gang kan hou? Iemand wat altyd kop bo water hou, maak nie saak hoe moeilik die situasie en iemand wat vir jou soos huis voel?

As jy só ma ken, of dit nou jou ma, suster, dogter, vriendin óf jyself is, is Maroela se mooi, mooier, mooiste mamma-kompetisie net vir jou.

Maroela Media wil graag vir een spesiale, besonderse ma, die kans te gee om ʼn mooimaaksessie te wen vir Moedersdag.

Dit sluit ʼn konsultasie en mooimaaksessie in deur Carina Nel, ʼn fotosessie om vir die wêreld te wys hoe sy nóú lyk, en boonop twee nagte se verblyf in ʼn Centurion-hotel vir twee persone – die ma en die persoon wat haar ondersteun.

Die persoonlike stylkonsultasie met Carina Nel sluit die volgende in:

  • Ontdek my persoonlike klerestyl
  • Leefstyl vs. klerekas
  • Kleurkonsultasie
  • Liggaamsvormkonsultasie
  • Wenke vir watter bykomstighede om te dra
  • Haarstyl- en grimeringswenke
  • Klere en skoene
  • Grimering
  • Stilering
  • Fotosessie

ʼn Paneel beoordelaars sal al die inskrywings oorweeg en ʼn top-10 saamstel. Dié top-10 sal dan op Maroela Media gepubliseer word, en die publiek sal bepaal wie die kompetisie wen. Die publiek sal stem vir hul gunstelingmamma wat ʼn mooimaaksessie verdien, en die ma met die meeste stemme wen.

Die sluitingsdatum vir inskrywings vir hierdie kompetisie is 15 Maart 2019 en die wenner sal op 1 April gekontak word.

Die verblyf in Centurion is vir twee persone, so die wenner-ma en die persoon wat haar ingeskryf het, kan dié ervaring saam geniet. Verblyf by die hotel sluit etes in.

Skryf nou in

Laat weet ons hoekom jy (of die persoon wat jy ingeskryf het) dié spesiale voorkomsvernuwingsessie met Carina Nel verdien in 250 woorde. Stuur ook vir ons ʼn vollyf foto en nabyskoot van die ma wat jy inskryf.

Oops! We could not locate your form.

Bepalings en voorwaardes

  1. Die “deelnemer” is die persoon wat die vorm invul om aan die kompetisie deel te neem.
  2. Die “genomineerde persoon” is iemand wat deur die deelnemer gekies word.
  3. Die genomineerde persoon moet in Suid-Afrika woon.
  4. Die genomineerde persoon moet ʼn ma wees.
  5. Jy mag jouself inskryf of enigiemand anders aanmoedig om jou in te skryf. Enigiemand kan ʼn ma nomineer vir die kompetisie.
  6. Indien die deelnemer ʼn kans wil staan om self die prys te wen, moet sy haar eie inligting as die ma se inligting op die vorm herhaal.
  7. Die genomineerde persoon en die deelnemer moet bereid wees om vir twee dae na Pretoria te reis om die mooimaaksessie te ondergaan.
  8. Maroela Media sal die reisreëlings (tot ‘n maksimum van R3 000) en verblyf by die Centurion-hotel betaal.
  9. Foto’s van die deelnemer en genomineerde persoon mag op Maroela Media en sosiale media gedeel word.
  10. As jy as wenner aangewys word, stem jy in dat foto’s uit die fotosessie ná die mooimaaksessie op Maroela Media en sosiale media gedeel mag word.

Borge

Grimering: Martie en Merie Kruger
Hare: Hair at the hub
Foto’s: Simoné Venter
Klere: House of Superior Clothing
Verblyf: Centurion-hotel
Spa: Gentle Touch

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.