Wen ʼn Renault Duster in Virseker se kompetisie!

Dit is weer tyd vir groot wen saam met Virseker. In Virseker en Renault se stof-opskopkompetisie kan jy ʼn spoggerige Renault Duster 4×2 Prestige ter waarde van R348 900 wen! Al wat jy hoef te doen is om in te skryf om in aanmerking te kom vir die prys.

Neem só deel

Hierdie kompetisie sal gereeld op Maroela Media geadverteer word. Klik bloot op die advertensiebaniere en vul die vorm in. As jy nie kan wag om in te skryf nie, kan jy sommer dadelik een van die volgende twee metodes gebruik om in te skryf:

  • SMS jou naam, van en die woord “RENAULT” na 43239, of
  • Skryf in op Virseker se webwerf

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit op 30 September 2020
  • Deelnemers moet 18 jaar of ouer wees.
  • Deelnemers se inligting word deur Virseker gestoor en gebruik om jou te kontak vir ‘n kwotasie op versekering.
  • Maroela Media verdien kommissie op elke versekingspolis wat uitgeneem word na aanleiding van hierdie veldtog.
  • Lees Maroela Media se privaatheidsbeleid.
  • Lees Virseker se beplaings en voorwaardes.
  • Virseker is ʼn produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Bpk, ʼn gemagtigde versekeraar en finansiëlediensverskaffer (FDV-lisensienommer: 16354). Enige verwysing na “ons”, “met” en “deur” verwys na Auto & General.

Meer oor die Renault Duster

Dié spogprys is vir talle redes nie te versmaai nie, maar hier is tien interessante feite van die Duster:

  1. Het jy geweet die Duster is een van die gewildste sportnutsvoertuie in Suid-Afrika? Renault het meer as 15 000 eenhede van die Duster se eerste generasie in Suid-Afrika verkoop, wat in 2013 sy verskyning hier gemaak het, terwyl daar meer as 2 miljoen van hulle wêreldwyd van die hand gesit is.
  2. Die Duster skrik nie vir grondpaaie nie en het ʼn grondvryhoogte van 210 mm.
  3. Dit is ʼn praktiese ryding met ʼn lekker groot bagasieruim van 478 liter.
  4. Vir beter gemak is daar sleutellose toegang, want ʼn handvrye sleutelkaart ontsluit die voertuig wanneer jy naby kom en sluit dit weer outomaties as jy wegbeweeg. Boonop druk jy net ʼn aansitterknoppie om dié voertuig aan te skakel.
  5. Moderne ontwerperskenmerke van die Duster in Prestige-gedaante sluit 17-duim allooiwiele en LED-dagryligte in wat outomaties skyn sodra die motor aangeskakel word.
  6. Die luukse Prestige-model het talle indrukwekkende kenmerke, insluitend ʼn mediaraakskerm met navigasie, ʼn trukamera, blindekolwaarskuwing, parkeergonsers en klimaatbeheer.
  7. Om te verseker dat die Duster ʼn veilige rit bied, het die Prestige-model ses lugsakke, vastrap- en elektroniese stabiliteitsbeheer asook sluitweerremme.
  8. Onder die enjinkap van die Duster Prestige is daar ʼn wakker 1,5 liter turbodiesel enjin wat 80 kW se krag en 250 Nm se wringkrag ontwikkel. Dié enjin is gekoppel aan Renault se EDC- outomatiese ratkas.
  9. Die brandstoftenk is 50 liter groot en die Duster sal langafstande maklik kaf draf, want volgens Renault is die 1,5 liter turbodiesel-kragbron se gemiddelde brandstofverbruik vanaf ʼn lae 4,8 liter per 100 km.
  10. Vir gemoedsrus kom die Duster met ʼn vyfjaar/150 000 km- meganiese waarborg en ʼn driejaar/45 000 km-diensplan.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Kompetisies

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae