WEN: ʼn Vakansie of bordspeletjie vir jou pleknaamfoto!

Foto naby Riviersonderend in die Wes-Kaap (Foto: Maroela Media)

Foto naby Riviersonderend in die Wes-Kaap (Foto: Maroela Media)

Geloofsonderend, Soetwater, Genadendal, Vredekloof… Ons almal ken die bordjies van plek- en plaasname wanneer ons deur ons mooi land reis. Nou is Maroela op soek na jóú foto van dié name.

Wanneer jy dus deur die Weskus reis om na die blomme te kyk, of die klein dorpies in die Vrystaat besoek met die interessantste name, of selfs in Noordwes, Limpopo of die Wes-Kaap waar jy van dié borde raakloop, moet jy sommer dadelik stilhou en ʼn foto neem.

Kyk hier na die inskrywings wat ons reeds ontvang het.

Pryse

Danksy die ATKV wen een persoon ʼn midweek (Sondag tot Donderdag) by een van die ATKV se sewe selfsorg-vakansieoorde (jy kan kies watter een jy graag wil bywoon). Die prys sluit akkommodasie vir vier persone in, maar etes is uitgesluit (Daar is wel restaurant- en winkelfasiliteite).

atkv logo 2Dié oorde is die ATKV-Buffelspoort naby Rustenburg in Noordwes, ATKV-Drakensville aan die voet van die Drakensberge naby Bergville in KwaZulu-Natal, ATKV-Eiland Spa naby Tzaneen in Limpopo, ATKV-Goudini Spa naby Worcester in die Wes-Kaap, ATKV-Hartenbos langs Mosselbaai in die Wes-Kaap, ATKV-Klein-Kariba naby Bela-Bela in Limpopo en ATKV-Natalia by Illovo in KwaZulu-Natal. Besoek die ATKV se webwerf vir meer inligting oor dié oorde.

Dan staan drie persone die kans om elk die heerlikste Afrikaanse Boereplaas-bordspeletjie te wen! Die Boereplaas-bordspeletjie is ʼn opvoedkundige gesinsbordspel vir 2 – 6 persone. Leer boer met dié heerlike speletjie: beurtkrag laat jou kuikens vrek, jy moet allerhande belastings betaal en die werkers staak vir hoër lone. Maar jy voer ook vrugtesap uit na Doebai, begin ’n staproete op jou plaas en begin ’n aanleg vir gebottelde water. Boereplaas is pret en opvoedkundig. Dit leer kinders (en grootmense) van boerdery, ondernemingsgees, taalvaardighede, rekenkunde en sosiale interaksie. Ook hoe om met geld te werk.

As jy nie kan wag nie, kan jy nou al vir jou gesin dié lekker bordspeletjie aankoop in Maroela se Koöperasie!

Só maak jy:

Stuur jou foto van ʼn plek- of plaasnaam aan ons by [email protected] met “Plaasnaam” in die onderwerpveld. Sluit die volgende in: jou naam en van, die fotograaf se naam en van, en waar die foto geneem is.

Dié kompetisie duur tot 17 Oktober 2016: jy het dus ʼn paar maande om die land plat te reis en die mooiste foto’s te neem! Ons kan nie wag om dit te sien nie.

Bepalings en voorwaardes:
– Jy kan soveel foto’s instuur soos wat jy wil
– Plek- en plaasname kan enige plek ter wêreld geneem word, maar oulike Afrikaanse name sal voorkeur geniet
– Die pleknaam moet ‘n amptelike naam op ‘n pleknaam/plaasnaambord wees, dit kan nie bloot ‘n handgeskrewe naam wees nie
– Die foto moet oorspronklik deur jouself geneem wees, of deur iemand wat jy ken, en wie toestemming gegee het dat die foto in dié kompetisie gebruik mag word
– Deur in te skryf, gee jy toestemming dat ons jou foto en jou naam op sosiale media en ons webwerf mag publiseer
– Die beoordelaars se beslissing is finaal
– Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie
– Wenners sal per e-pos en op die webwerf in kennis gestel word
– Die ATKV sal met die wenner in kontak tree met verdere besonderhede oor die midweek-vakansie
– Die Boereplaas-bordspeletjie sal binne 30 dae aan jou gepos word nadat jy as een van die wenners aangewys is

boereplaas 2

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.