Wen R1 000 kontant met jou boererate en idees!

Argieffoto (Foto: Rudy and Peter Skitterians/Pixabay)

Tydens die algehele landswye afsondering waar die land se ekonomie byna tot ʼn stilstand gekom het, word talle idees en wenke gedeel oor hoe om jou rand selfs verder te rek.

Wenke word wyd gedeel oor hoe mense in hierdie tyd op kreatiewe maniere geld kan bespaar: hoe om jou eie skeerroom te maak, hoe om jou eie wasgoedseep te maak, hoe om uit lap of T-hempmateriaal ʼn babadoek te vou sodat jy nie weggooidoeke hoef te koop nie, en nog vele meer.

Het jy oulike wenke wat jy graag met ons Maroela-lesers wil deel? Jy staan die kans om ʼn kontantprys van R1 000 te wen! Die sluitingsdatum vir inskrywings is 21 Junie 2020.

Jou wenk kan enige kreatiewe manier wees hoe om geld te bespaar in en rondom die huis: alternatiewe vir skoonmaakmiddels, ʼn randrekker-resep, kreatiewe kosmaak-idees, hoe om kinders besig te hou, alternatiewe vir speelgoed, baba- of kinderprodukte, skoonheidsprodukte, wenke vir die tuin of motorhuis, of selfs wenke hoe om jou begroting beter te bestuur.

Deel jou wenk

Oops! We could not locate your form.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 21 Junie 2020 om 23:45.
  • Die wenner sal in die daaropvolgende week op Maroela Media aangekondig word.
  • As jy inskryf, gee jy toestemming dat jou naam en wenk op Maroela Media se webwerf en sosiale media gedeel mag word.
  • Die wenner sal persoonlik deur Maroela Media gekontak word en die kontant sal elektronies in die persoon se bankrekening inbetaal word.
  • Die wenner sal lukraak deur ʼn span beoordelaars aangewys word.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.