WEN: Ruk jou huis reg dié lente met ʼn geskenkpak

Die geskenkpak wat jy met die komplimente van Plush kan wen

Die lente is hier met die belofte van ʼn nuwe begin en vars vooruitsigte.

Plush se reeks skoonmaakprodukte is spesiaal geformuleer om spesifieke areas in jou huis te teiken. Van jou kombuis tot jou sitkamer, jou badkamer en al die vloere en oppervlaktes in jou huis – Plush het ʼn antwoord vir alles!

ʼn Teëlreiniger sal seker maak jou teëlvloere en mure is skitterblink en ʼn toiletreiniger sal handig te pas kom in die badkamer. Hou oppervlakte silwerskoon en stofvry met ʼn multi-oppervlakreiniger en as daar nog enigiets anders is wat jy nie getakel het nie, bied Plush ʼn veeldoelige skoonmaakmiddel vir ʼn verskeidenheid van gebruike in en om die huis.

Laat die geure van lente jou huis vervul – Plush is beskikbaar in geure soos laventel (Lavender), denneboom (Pine), suurlemoen (Lemon), potpourri (Potpourri), blommefantasie (Floral Fantasy) en natuurlik lentebries (Spring Fresh). Laat jou kuiergaste sommer welkom voel in jou geurige skoon huis.

Laat jou huis die behaaglikheid inasem en die vars bries uitasem.

Verfris jou gedagtes, laat jou lewe hervat en floreer weer dié lente!

Die hele Plush-reeks is by www.plush.co.za beskikbaar.

Plush wil graag een Maroela-leser met ʼn geskenkpak bederf, in ʼn mandjie met al die produkte wat jy nodig het om jou huis reg te ruk vir die lente!

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 22 Oktober 2020.

Skryf nou in:

Bepalings en voorwaardes:

  • Die wenner sal lukraak uit die inskrywings gekies word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Slegs een wenner word aangewys.
  • Plush sal die mandjie produkte aan die wenner stuur.
  • Die mandjie bestaan uit Plush Supreme Tile Cleaner, Plush Supreme Pine Gel, Plush Supreme Toilet Cleaner, Plush Supreme Pine Oil Spray en skottelgoedwasmiddel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.