Tydens ʼn ongekende wêreldwye pandemie het die dra van gesigmaskers skielik die norm geword. Mens se glimlag word weggesteek agter ʼn stukkie lap, maar dit is nie nodig om in te boet op jou persoonlike styl nie!
Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand opnuut bevestig die dra van gesigmaskers is verpligtend en regulasies in dié verband sal verskerp en afgedwing word.
Skoliere moes intussen ook gewoond raak daaraan om die hele dag lank met ʼn gesigmasker rond te loop.
Het jy vir jou gesin maskers gemaak van interessante materiaal of selfs in ʼn interessante vorm? Of is jy heel modieus en maak jy seker dat jou masker en uitrusting bypassend is? Of het julle ‘n eenvoudige masker, maar ‘n oulike foto van julle as gesin?
Stuur vir ons jou foto waar jy, jou gesin of jou kinders met jul gesigmaskers spog, en staan die kans om R1 000 kontant te wen! Die sluitingsdatum vir inskrywings is 2 Augustus 2020.
Ons sal, sodra die wenner bekendgemaak word, ‘n paar foto’s uit die inskrywings ook met ons lesers deel.
Bepalings en voorwaardes
- Deelnemers moet 18 jaar of ouer wees.
- Die sluitingsdatum vir inskrywings is 2 Augustus 2020 om 23:45.
- Die wenner sal in die daaropvolgende week op Maroela Media aangekondig word.
- As jy inskryf, gee jy toestemming dat jou naam en foto op Maroela Media se webwerf en sosiale media gedeel mag word.
- Die wenner sal persoonlik deur Maroela Media gekontak word en die kontant sal elektronies in die persoon se bankrekening inbetaal word.
- Die wenner sal lukraak deur ʼn span beoordelaars aangewys word.
- Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
- Lees Maroela Media se privaatheidsbeleid.