[Wen] Tops at Spar-wynskou: Wyn en lees loop saam

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

ʼn Goeie boek en ʼn glas wyn gaan hand aan hand. Maak van 25 tot 27 Augustus ʼn draai by die Tops at Spar-wynskou in die Menlyn Park-winkelsentrum in Pretoria om uit te vind presies hóé goed dié twee bymekaar pas.

Die Tops at Spar-wynskou in Pretoria het vanjaar saam met die boek- en skryfbehoeftewinkel Graffiti saamgespan.

Wynliefhebbers en boekwurms kry op dié skou die geleentheid om verskeie gesprekke by te woon – onder meer oor watter wyn die beste pas by genres soos spanningsverhale, liefdesverhale, drama en komedie.

Volgens Nadia Rossouw, woordvoerder, sal die skou jou blootstel aan ʼn wye verskeidenheid wyn en jou inlig watter wyn saam met watter boeke gedrink moet word.

Hier is solank ʼn voorsmakie:

Intensiewe sielkundige rillers
Sulke genres gaan gepaard moet ʼn wyn met groot geure soos Marianne’s Floreal. Die komplekse geur en aromas van vrugte soos donker kersies en rooibessies is net die regte kultivar om te drink saam met só ʼn boek.

Emosie en drama
ʼn Storie met baie emosie en drama benodig ʼn wyn met ʼn lang en geurige nasmaak. Dit moet kenmerkend aan die ervaring van emosies wees. Zandvliet se gehoute chardonnay is hiervoor die geskikte wyn. Dit bied ryk aromas van klapper, vanielje, pomelo en marmelade.

Kortverhale
ʼn Klassieke wyn pas by ʼn kortverhaal wat vars, vinnig en lig is. Dit moet kan ooreenstem met onmiddellike bevrediging.

Liefde en verlies
Chenin blanc en ʼn verhaal oor liefde of verlies is albei innemend, vermaaklik en boeiend. Dit sal net die regte diepte van verleiding, drama en skoonheid verseker.

Die skou word van 25 tot 27 Augustus van 17:00 tot 21:00 aangebied. Kaartjies kos van R160 tot R240 en is beskikbaar by iTickets.

Die skou verskuif op 2 September na die Johannesburg Bierfees, op 30 September na die Durban Bierfees en op 4 November na die Kaapse Bierfees.

WEN: Drie lesers staan die kans om elkeen ʼn dubbelkaartjie na die Tops at Spar-wynskou te wen. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontakbesonderhede en fisieke adres na [email protected]: Beantwoord dié vraag: Watter wyn loop hand aan hand met liefde en verlies?

Die kompetisie sluit op 19 Augustus. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Bepalings en voorwaardes geld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Zena ·

Sal nou glad nie omgee om so n skou by te kan woon nie. Wow!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.