Vadersdagkompetisie: Wen ’n treintoer vir jou pa!

Foto: JB Train Tours

Jy kan jou pa hierdie jaar op Vadersdag bederf met ʼn heerlike treintoer na KwaZulu-Natal!

Skryf nou in vir dié kompetisie en wen ʼn drie dag lange naweek-wegbreek trein-en-vliegtuigrit vir twee persone. Die prys word geborg deur JB Train Tours en die kontantwaarde van die prys is R7 100 (sien meer inligting oor die treinrit – dit is die “toeristeklas”-opsie).

Dit is ʼn kort en veilige treinrit en bied jou die geleentheid om Durban te besoek en die warm water van die Indiese Oseaan te geniet! Herleef die nostalgie wanneer jy met die trein deur bergpasse en tonnels ry. In Durban kan jy die Marine Parade, uShaka Marine World-akwarium, Mini Town, die strand en winkeltjies besoek.

Jy vertrek Vrydagaand uit Johannesburg en kom Saterdagoggend in Durban aan. Akkommodasie in Durban is in ʼn goeie hotel naby die strand op die “Goue Myl”. Die trein ry van Johannesburg via Heidelberg, Standerton, Newcastle, Ladysmith en Pietermartizburg tot in Durban.

Jy keer Sondagmiddag per vliegtuig van Durban-lughawe terug na Johannesburg.

Die sluitingsdatum van die kompetisie is 7 Junie en die wenner sal op 13 Junie bekend gemaak word (Vadersdag is vanjaar op 16 Junie).

Skryf ʼn brief aan jou pa (maksimum 250 woorde) en vertel hom waarom hy vir jou ʼn inspirasie is en waarom jy graag in sy voetspore sal wil volg.

Bepalings en voorwaardes

  • Die beslissing deur die beoordelaars is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die prys is nie oordraagbaar na iemand anders soos ʼn familielid, kollega, ens. nie.
  • Die wenner en sy metgesel moet 18 jaar of ouer wees.
  • Die prys moet in 2019 gebruik word.
  • Die wenner moet in besit wees van ʼn Suid-Afrikaanse identiteitsdokument.
  • Die wenner en sy metgesel moet self sorg dat hulle vanaf Johannesburg-stasie kan vertrek en weer by die huis kom ná die vlug terug na Johannesburg.
  • Maroela Media en JB Train Tours is nie verantwoordelik vir enige skade of verlies wat jy mag ly wat voortspruit uit die kompetisie nie.
  • Die treinrit is slegs vir twee persone.
  • JB Train Tours sal alle reëlings met die wenner tref.
  • As jy die treinrit verpas sal jy die prys verbeur.
  • Die prys sluit slegs die treinrit en verblyf in. Twee ontbyte en een aandete is ook by die prys ingesluit. Enige ander uitgawes (etes, drankies, besoeke aan toeristeaantreklikhede en enige ander aankope) is vir jou eie sak.
  • Omvattende reisigersversekering is ook nie by die prys ingesluit nie.
  • Geen formele ekskursies of enige ander busritte is by die prys ingesluit nie.
  • Werknemers van Maroela Media en JB Train Tours sal nie in aanmerking kom vir die prys nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.