WEN! Waar lees jy jou boeke?

Jou moed sak sommer in jou skoene as jy die vlugskedule by die lughawe lees en langs jou vlugnommer staan in groot rooi letters: DELAYED… Al ooit begin inpak vir die vakansie en jy moet besluit watter klere en skoene jy gaan los, want daar’s te min plek nadat jy klaar jou boeke ingepak het? Moet jy elke middag ure lank sit en wag terwyl die kinders hulle gate uit geniet by die tennis, karate, swem of ballet?

E-boeke is dadelik beskikbaar, neem geen ekstra spasie op nie en kan enige plek in die wêreld afgelaai word! E-boeke is beskikbaar waar ook al en wanneer ook al.

WEN:
Jy kan ʼn R1 000 e-boekgeskenkbewys met die komplimente van Lapa Uitgewers wen!

Wat moet jy doen?
Neem ’n foto van plekke waar jy ’n e-boek lees, deel dit met ons hier onder in die vorm of op Facebook of Instagram met die hutsmerke #LAPAeboeke #waarookal #wanneerookal en jy staan ʼn kans om ’n e-boekgeskenkbewys van R1 000 van Lapa Uitgewers te wen.
*Neem kennis dat die foto of foto’s wat jy instuur, op Maroela Media en Lapa se sosialemediakanale gedeel kan word en dus in die openbaar versprei gaan word.

Sluitingsdatum:
Die kompetisie sluit Sondag 13 Augustus.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.