Wen R1 000 met jou hondefoto

hond

foto: d.fastcompany.net

Het baie mense al vir jou gesê jy lyk net soos jou troeteldier? Maroela Media is op soek na die leser en sy of haar honde-kind wat byna ʼn tweeling kon wees!

Indien jy dink jy kan hier hond haaraf maak, publiseer ʼn foto van jou en jou hond op Instagram of stuur jou foto na [email protected] voor 9 Mei en staan die kans om R1 000 kontant te wen! Baie belangrik: Indien jy Instagram gebruik, gebruik #Hondekind en #LekkerMaroela saam met jou foto!

En moenie bekommerd wees nie – haastige hond sal nie hier sy mond verbrand nie!

Bepalings en voorwaardes

  1. Daar is een kontantprys ter waarde van R1 000.
  2. Slegs een wenner word aangewys. Die aantal inskrywings verbeter nie die kanse om ʼn prys te wen nie.
  3. Inskrywings sluit op 9 Mei 2016 om 23:59 Suid-Afrikaanse tyd. Inskrywings wat hierna ontvang word, sal nie in berekening gebring word nie.
  4. Maroela Media sal met die wenners op Instagram of per e-pos in verbinding tree. Indien ʼn wenner se kontakbesonderhede nie op Instagram beskikbaar is of ʼn privaatboodskap gestuur kan word nie, sal ʼn ander wenner in die persoon se plek aangewys word.
  5. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  6. Neem asseblief kennis dat Instagram nie op enige manier hierdie kompetisie borg, ondersteun of administreer nie. Deelnemers skeld Instagram kwyt van enige aanspreeklikheid of verantwoordelikheid.
  7. Die ouderdom en geslag van die persoon maak nie saak nie en dit maak ook nie saak watter tipe hond dit is nie. As jy voel dat jy dalk eerder soos een van jou ander troeteldiere lyk, is jy welkom om ook dié foto te publiseer met #Lekkermaroela en #Hondekind.
  8. Indien jy aan dié kompetisie deelneem, gee jy Maroela Media toestemming om jou foto te publiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.